Skrywer inspirasie | Fanie Viljoen
Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen ’n huishoudelike naam gemaak.
Fanie het in Welkom grootgeword. Hy het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook ’n illustreerder en visuele kunstenaar.
Van sy skilderye het ‘n tuiste gevind in Amerika, Australië, Kanada en Brittanje. Sy boeke Betower en Afkop was naaswenners in twee van LAPA se jeugromankompetisies, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm.
Fanie het gesels saam met Heino du Plessis oor sy nuwe boeke Pieksel en die vier nuwe Klein boek van-reeks: Gruwelike geheime, Katastrofiese kattekwaad, Fantastiese feite en reuserekords.
Kliek hier vir die volledige onderhoud.