Resep uit : Karlien nie kook nie | Karlien van Jaarsveld en Lizelle Hoffmann
Griekse Braaibroodjies
Bereiding: 10 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
- 8 snye rogbrood of brood van jou keuse
- 1 rooi-ui, in dun ringe gesny
- 150 g rosatamaties, in dun skywe gesny
- 200 g laevet-fetakaas
- 1 t gedroogde basilie
- ½ t woestyn- of pienk sout
- ¼ t growwe swartpeper
- 1-2 e olyfolie
Metode
- Pak vier snye brood uit op ’n werkoppervlak.
- Rangskik die skyfies ui en tamatie op die brood en geur met kruie, sout en peper.
- Plaas die ander snye brood bo-op.
- Verf die brood aan die buitekante met olie en pak dit op die rooster.
- Braai oor baie stadige kole tot die broodjies bros en die tamatie en uie sag is.