Skip to main content

Resep uit: Bak dit self | 50 Feestelike koeke om baba te vier!

DOOP

VANIELJESTROOPKOEK MET ROOMKAASVULSEL

4 Lae vanieljekoek, 20 cm in deursnee (bl. 17)
1 x Vanieljestroop (bl. 26)
1 x Roomkaasvulsel (bl. 24)
2 tot 3 pakkies Smarties
1 x Koninklike versiersel (bl. 25)

ANDER BENODIGHEDE
Goue 25 cm-koekbord
4 Blomme van plastiese versiersel of plastiek

VOORBEREIDING
Bak die koek.
Maak die vanieljestroop sodat dit kan afkoel.
Maak die roomkaasvulsel en die koninklike versiersel.


AANWYSINGS

  1. Besprinkel al die koeklae deeglik met die vanieljestroop, veral om
    die rand omdat ’n skoon koek maklik uitdroog. Die koeklae word nie
    gehalveer nie.
  2. Smeer ’n bietjie van die roomkaasvulsel in die middel van die koekbord om die koek in posisie te hou. Plaas die eerste koeklaag op die koekbord en smeer roomkaasvulsel oor. Strooi van die Smarties oor die vulsel. Plaas die volgende koeklaag bo-op en herhaal die proses.
  3. Druk van die oorblywende Smarties om die rand tussen die koeklae in.
  4. Skep die koninklike versiersel bo-op die koek en laat dit effens oor die
    rand loop (metode op bl. 25).
  5. Plak van die Smarties met oorblywende koninklike versiersel op die koekbord vas en druk die res op die koek vas.
  6. Druk die blomme in die middel van die koek in.

VARIASIE
Die Smarties kan met enige ander lekkers vervang word.