Resep | Spekboomkoek uit Sinkhuisresepte

Spekboomkoek
GENOEG VIR 10
DROË BESTANDDELE
650 ml bruismeel
375 ml bruinsuiker
8 ml gemengde speserye
5 ml koeksoda
100 ml gekapte pekanneute
3 ml sout
NAT BESTANDDELE
3 eiers van ’n vryloophen
5 ml karamelgeursel
500 ml gekapte spekboomblare
150 ml sonneblomolie
150 ml karringmelk
ROOMKAASVERSIERSEL
100 ml gladde maaskaas
375 ml versiersuiker
100 ml sagte botter
2 ml vanieljegeursel
METODE
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Spuit ’n 26 cm-losboomkkoekpan met kleefwerende sproei. Meng die droë bestanddele saam. Meng die nat bestanddele saam. Meng dan die droë en nat bestanddele saam.
Gooi die mengsel in die pan en bak vir ongeveer 1 uur tot gaar.
Laat afkoel in die pan. Keer die koek uit.
Maak die roomkaasversiersel: Klits alles saam. Smeer die versiersel oor die koek.
Laat staan vir minstens 4 uur en sny in skywe.