Resep | Perskeslaai uit Sinkhuisrespte

Perskeslaai
GENOEG VIR 6
BESTANDDELE
500 ml gaar rys
410 g-blik perskeskyfies, gedreineer
150 ml pitlose rosyntjies
½ groen soetrissie, fyngesnipper
SOUS
400 ml mayonnaise
30 ml blatjang
25 ml tamatiesous
25 ml matige kerriepoeier
METODE
Meng die rys, perskes, rosyntjies en soetrissie saam.
Maak die sous: Meng die mayonnaise, blatjang, tamatiesous en kerrie saam.
Meng alles saam en sit voor.