Resep | Frikkadelle met sout-en-asyn-tjips uit Sinkhuisrespte

Frikkadelle met sout-en-asyn-tjips
GENOEG VIR 6
BESTANDDELE
750 g beesmaalvleis
1 ui, gerasper
1 knoffelhuisie, fyngekap
120 g-pak sout-en-asyn-tjips, fyngedruk
5 ml droë gemengde kruie
2 eiers van ’n vryloophen, geklits
sout en peper na smaak
'n bietjie meel
SOUS
30 g botter
2 uie, in ringe gesny
410 g-blik fyn pynappel met sous
50 ml wit asyn
25 ml blatjang
20 ml kerriepoeier
5 ml borrie
METODE
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die maalvleis, ui, knoffel, tjips, kruie en eiers saam. Geur goed met sout en peper en maak frikkadelle met jou hande.
Rol die frikkadelle in meel en pak dit in ’n oondbak met ’n deksel wat met kossproei gespuit is.
Maak die sous: Verhit die botter in ’n pan en braai die uie.
Voeg die pynappel, asyn, blatjang, kerrie en borrie by en meng goed.
Gooi die sous oor die rou frikkadelle en bak vir ongeveer 30 minute met die deksel op tot gaar.
Haal die deksel af en bak vir ongeveer 5 minute om die frikkadelle mooi goudbruin te maak.
Sit warm voor.