Skip to main content

Resensie | Retoer - Marita van der Vyver

Resensie – Sylvia De Kock

Marita van der Vyver weet hoe ʼn vrou se hart werk. Haar skryfwerk is helder dog nugter.

Die lees van ‘Retoer’ is kenmerkend sonder leesweerstand. Die boek is egter anders as haar vorige niefiksieboeke. Die leef- en ged­agtewêreld van die skrywer word meer sponta­an in rubrieke saamgevat wat sy oor ʼn paar jaar geskryf het. Die verskille tussen ons Suid-Afri­kaanse leefwêreld en dié van die Franse word met die skrywer se unieke humorsin uitmuntend vasgevang.

Die boek is in nege afdelings verdeel wat vernoem is na boeke van Van der Vyver wat voorheen gepubliseer is: Die Blou van onthou, Vergenoeg, Die dinge van ʼn kind, Bestemmings, Stiltetyd, Die hart van ons huis, Dis kouer kos, skat, Wegkomkans en Al wat ek weet. Herinnerings uit haar vroeë jeug- en studentejare, kostelike en kosbare gesinservar­ings asook haar vele reisondervindings oor die jare heen word kragtig en meelewend saamge­vat sodat dit ʼn universele aanslag verkry.

Van der Vyver se lewenservarings van Pretoria tot Provence sal bepaald nie gou vergeet word nie. Hierdie is inderdaad woordkuns op sy beste.

#EkLeesLAPA 

#Maritavandervyver

#Retoer

#SoDinkSylvia