Skip to main content

Ontmoet Tosca De Villiers | Freestate Arts Festival

Oor die boek:

Passie in Parys (RomanzaStoom):

Margaux is op pad Parys toe. Sy wil ’n kunstenaar word, daarom draai sy haar rug op haar familie, hul besigheid en ’n amperse gereëlde huwelik.

Met Saint-Émilion se oesseisoen op hande is die Kaapse wynboer Dawid Malan te besig om hom deur ’n paar sexy bene te laat verlei. Veral nie die bene van ’n kunstenaar nie – daardie les het hy op die harde manier geleer.

Maar Parys word nie verniet die Stad van Liefde genoem nie …

Hawe vir haar hart:

Die volmaakte prentjie van Wendy se lewe spat aan skerwe toe haar verloofde erken hy is lief vir ’n ander man. Op die ingewing van die oomblik besluit sy om as skoonheidsdeskundige op ’n passasierskip te gaan werk, al is sy as fisioterapeut gekwalifiseer, in die hoop om van alles en almal te vergeet.