LAPA Pronk weer met talle ATKV-Woordveertjies
Die ATKV-Woordveertjies gaan oor die bekroning van uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord.
LAPA kondig met trots aan dat ons ses ATKV-Woordveertjies gewen het in die ATKV-Kinderboektoekennings 2019. Hierdie pryse word toegeken deur kinderlesers in die bepaalde portuurgroep en nie deur volwassenes nie.
By die kinderboeke word die illustrasies en die verhaal ook apart beoordeel. Daarom is ons opgewonde om die volgende wenners bekend te maak:
- Jaco Jacobs in die voorleeskategorie graad RR-1 vir sy verhaal in die boek Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het.
- Johann Strauss in die voorleeskategorie graad RR-1 vir sy illustrasies in die boek Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het.
- Jaco Jacobs in die voorleeskategorie graad RR-1 vir sy verhaal in die boek Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het.
- Johann Strauss in die voorleeskategorie graad RR-1 vir sy illustrasies in die boek Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet he
- Jaco Jacobs in die selfleeskategorie graad 2-3 vir sy verhaal in die boek Spaghetti tussen jou tone.
- Alex van Houwelingen in die selfleeskategorie graad 2-3 vir sy illustrasies in die boek Spaghetti tussen jou tone.
- Jaco Jacobs in die selfleeskategorie graad 4-5 vir sy verhaal in die boek Max die masjien.
- Stephen Wallace in die selfleeskategorie graad 4-5 vir sy illustrasies in die boek Max die masjien.
- Alex van Houwelingen – Illustreerder
- Johann Strauss – Illustreerder
- Stephen Wallace – Illustreerder
- Jaco Jacobs – Skrywer
Die wenners ontvang hulle toekennings op Vrydag 6 September tydens ’n spoggeleentheid in die Adam Small-teater, Stellenbosch.
Bogenoemde boeke is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.