Kom Kuier saam met ons Romanza-skrywers | Hermanus - Kalfifees

Oor die boeke:
’n Trekker vir twee - Ilze Beukes
Plaasliefde vir ’n boeremeisie Ansone wou nog altyd boer en nou gaan daardie droom bewaarheid word. Haar oorlede oom Simon het sy plaas aan haar bemaak en sy is reeds verlief op daardie pragtige stuk grond: Die rondawel, die oopte, die mooiste berge. Hoekom is Milner, daardie omgesukkelde boer, dan so teen haar planne gekant? Sy sál haar nie deur hom van stryk laat bring nie, nie eens wanneer die noodlot haar in sy opstal laat beland nie ...
Doug - Elsa Winckler
Mieke se suster Fleur vra of sy haar swaer wat sy vrou verloor het, kan kom help met sy baba. Mieke stem in, maar op die vlug na Kaapstad beland sy langs ’n sexy rooikop.
Wewenaar Doug Sutherland is aangetrokke tot die groenoog donkerkop langs hom op die vlug. Hul vurige omhelsing op die lughawe, het egter onverwagse gevolge, want Mieke is die nuwe au pair wat na Doug se baba moet kom kyk.
Gaan hulle mekaar weer in die oë kan kyk?
Karoowals - Alicia Hanekom
Twee dae alleen kan harte vir altyd saamvleg Sonja is woedend toe ’n verwaande vent een dag haar parkeerplek steel. Dat hy die mooiste seegroen oë het, maak geen verskil nie. Toe loop sy hom weer raak, op haar beste vriend se troue. Sy vang die ruiker en hy die kousband. Hul beloning? Twee dae saam op ’n Karooplaas – ’n geskenk van die bruidspaar. Gaan dit twee dae van hel wees of sal hulle ’n ander kant van mekaar leer ken? En gaan hy haar van gevaarlike renosterstropers kan red?
Skakerings van liefde - Malene Breytenbach
Die liefde het vele skakerings Toe Barbara se ouers sterf, moet sy haar graad in beeldende kunste staak en uit haar skilderye ’n bestaan maak. Plaaseienaar Ryno de Villiers ontferm hom oor haar en laat haar toe om in ’n vervalle kothuis op sy plaas te bly. Ryno is ’n bekende sanger wat oral in die land optree. Hy en Barbara is aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie en boonop hulle is teenoorgesteldes. Die liefde het vele skakerings. Sal hulle bymekaar kan aanpas?