Skip to main content

Jacobs en McDonald wen prys

LAPA kondig met trots aan dat Jaco Jacobs en Zinelda McDonald die wenners is van die Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur, die wenpublikasie is die rympiesboek Moenie hierdie boek eet nie!

Dié prys word deur die Akademie van Wetenskap en Kuns toegeken aan ’n boek vir lesers van sewe tot twaalf.

Hoe lank is ’n weerwolf se humeur? Is enige iets erger as skottelgoed was? Wat soek jou ouma op die Pick n Pay se dak? Hoekom dra bere nie klere nie? Bestaan daar iets soos ’n spaghettiboom? Wat moet jy doen as ’n renoster jou jaag?

Jy sal die antwoorde op al hierdie vrae vind in Moenie hierdie boek eet nie!

Dié lawwe lekkerlagboek bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar is rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skooltoilette, erdvarke, Kersvader, krokodille, volstruismelk, Valentynsdag, en dinge wat baie sleg ruik!

Van LAPA af sê ons baie geluk aan Jaco en Zinelda!