Skip to main content

Briljant! | Pret vir die vakansie

Wonder jy hoe om die kinders besig te hou? Hoe kry ons hul vir paar uur weg van die rekenaar, selfoon of selfs televisie af? Ons het ’n briljante plan vir jou.

Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak ’n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak ’n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond ronddolwe, of bou ’n vlieër en ontdek die sleutel tot aërodinamika.

Met fantastiese foto’s, duidelike stap vir stap illustrasies, en gedetailleerde instruksies sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat ’n duidelike Hoe werk dit?-verduideliking, wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien.

Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wêreld beter kan leer verstaan. Dit is ’n moet-hê-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wêreld.

 

Maak maklike roomys! Heerlik en vir seker ’n goedkoper opsie as koop.

Maak nou al gereed vir die tuin. Die lente is om die draai en hoe lekker sal dit wees as die kinders van hul eie groente kan eet?

Laat die kinders pragtige klippies maak om in hul eie groentetuin te plaas.

 

Leer bietjie Wetenskap deur heerlik te speel!

 

Wonder jy altyd waar Noord is? Bou jou eie cool kompas!

 

Meet hoe sterk die wind waai. Hou rekord en kyk of die wind elke dag anders waai.