Skip to main content

Boekvoorlesing en Inkleurpret met Zuléka smit | Exclusive Books Paarl

Oor die boek:

Lea en die groot konsert

In die nuutste boek in die gewilde Lea-reeks wat kinders opbou en motiveer, hou Lea se skool 'n groot konsert. Sy moet voor die hele skool sing en dans, maar wat as sy 'n fout voor almal maak? Gelukkig weet haar Mamma en boetie Ben hoe om haar te help!

Ben en die groot konsert

In die nuutste boek in die gewilde Ben-reeks, hou Ben se skool 'n groot konsert. Ben moet die hoofrol speel, maar hy voel bang en skaam. Wat as almal vir hom lag? Gelukkig het sy maatjie vir hom goeie raad!