Skip to main content

Bekendstelling Rebekka van Kameeldoornplaas | Malmesbury

Oor die boek:

Tussen oorloë, tussen families, tussen wêrelde

Getoë as ’n kampkind tydens die Anglo-Boereoorlog, word Rebekka as arm bywoner groot op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort. Bekkie is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke. Toe sy noodgedwonge die skool verlaat om na die Wrights se dogtertjies te kyk, dink sy dis tydelik. Maar haar versukkelde, verminkte pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word.

In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind. Gelukkig is prof. Wright die leergierige Bekkie goedgesind. Onder sy leiding verbreed haar kennis oor alles van Britse kookkuns tot wêreldpolitiek. Dis hier waar haar oë oopgaan. Dis ook hier waar sy die professor se broerskinders, Richard en David, bevriend.

Maar oorlog broei op die horison en die noodlot is nog lank nie klaar met Rebekka nie.

Waar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Is sy regtig die jong dame van die herehuis in Oxford? Wat dan van die kaalvoet kind van Kameeldoornplaas?