Bekendstelling Hospitaal Weltevreden | Pretoria
Oor die boek:
Anna-Mart is ’n noodeenheid-spesialis en ken die lang gange van Hospitaal Weltevreden goed. Sy is nie bang vir harde werk nie. Dis immers ál hoe sy uit die armoede van haar en haar twee broers se enkelma-huishouding kon ontsnap en haar droom om ’n dokter te word, kon verwesenlik. Maar sy en haar ma, Beatrice, is bekommerd want haar broers is met verkeerde vriende deurmekaar. Hulle het maande terug van die twee gehoor. En boonop skaam Anna-Mart haar vir haar eenvoudige ma wat deesdae by haar woon.
Uit die bloute arriveer ’n pasiënt by die ongevalle eenheid vanuit haar verlede. Jacques Fourie laat weer eens haar hart klop soos hy destyds op skool gedoen het, al het sy hom nooit vertel hoe sy voel nie ...
Louise Tredoux is Anna-Mart se boesemvriendin en ’n onkoloog wat in wetenskap en niks anders glo nie – totdat Petro met haar groot juk en nog groter geloof by haar spreekkamer instap en in Louise se swart-op-wit logika kom rondkrap. Maar Louise staan sterk op haar beginsels totdat sy eendag onverwags inmekaarsak en alles in haar lewe omver gewerp word.
En dan is daar Rentia le Roux, die geskeide sielkundige met twee kinders en die interessante pasiënt, Shawn, wat van een verhouding na ’n ander rond fladder. Is dit van hom wat sy skielik romantiese geskenke kry, of kom dit van die aantreklike Dr Marloux Pienaar? Die kardioloog staan self op skei en vang al die verpleegsters se oë, en ná wat in sy kantoor gebeur het, ook Rentia s’n. Maar is daar enigsins ’n toekoms vir haar met ’n man soos Marloux? Veral nadat sy een oggend met ’n verblindende hoofpyn in ’n vreemde plek wakker word ...