Skip to main content

Skrywer inspirasie | Wendy Maartens

Wendy Maartens het grootgeword op Worcester, waarna sy op George skoolgegaan en gematrikuleer het. Sy woon tans in Table View. Wendy is veral bekend vir haar hervertellings waarin sy nuwe lewe in bekende en geliefde verhale blaas en die klassieke stories vir jong lesers toeganklik maak.

Haar nuutste boek, Halala Job Maseko! is geen uitsondering. Wendy vertel die ongesonge helde van Suid-Afrika se verhale met pragtige illustrasies van Linki Brand.

Kyk gerus hier haar onderhoud met Heino du Plessis waar sy meer gesels oor die boek en sy gee ook raad aan ouers oor hoe om hul kinders te laat begin lees.