Digitale Projek Koördineerder

ATKV-betrekkings

ATKV-LAPA Pretoria-kantoor

Digitale Projek Koördineerder

Die ATKV is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse taal- en kultuurorganisasie en het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde en dinamiese persoon om as Digitale Projek Koördineerder by LAPA Uitgewers in Pretoria diens te verrig.

Die ATKV volg ’n gelyke-indiensnemingsbeleid.

Algemene vereistes:

  • B-graad (verkieslik in IT, Multi-media, Webontwerp, Kommunikasie, Bemarking of soortgelyk);
  • Kennis en ondervinding in webbladontwerp en bestuur (ervaring in e-commerce back-end sal voordelig wees);
  • Ondervinding (Minimum 3 jaar);
  • Vorige ervaring met Google Analytics, SEO, HTML, Facebook Business, e-posbemarking;
  • Projekbestuur en bestuur van menseverhoudings.

Vernaamste verantwoordelikhede:

  • Webbladbestuur
  • Bestuur e-boek platforms
  • Bestuur LAPA se digitale strategie
  • Kliëntediens en digitale navrae

Stuur jou aansoek en CV aan: Delano Pieterse, LAPA Uitgewers Adres: Posbus 123, Pretoria, 0001 Faks: 011 326 1171 E-pos: betrekkings@atkv.org.za

Aansoeke moet LAPA voor 19 Oktober 2018 bereik.

Beskou die aansoek as onsuksesvol indien jy nie binne twee weke van LAPA gehoor het nie.

Assistent-uitgewer: Fiksie

ATKV-betrekkings
LAPA Uitgewers, Pretoria-kantoor
Assistent-uitgewer: Fiksie

Die ATKV is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse kultuurorganisasie en het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde assistent-uitgewer by LAPA Uitgewers se fiksie-afdeling in Pretoria.
Die ATKV volg ’n gelyke-indiensnemingsbeleid.

Vereistes vir die pos:
• ’n B-graad met basiese kennis van die uitgewersbedryf en ’n belangstelling in genrefiksie, spesifiek romantiese – en spanningsfiksie
• Ondervinding in proefleeswerk en projekbestuur
• Moet goeie taalvermoë hê, rekenaarvaardig wees en met skrywers kan skakel
• Ervaring met sosiale media-platforms soos Facebook, Instagram en Twitter sal voordelig wees
• Moet oor goeie administratiewe vaardighede, menseverhoudings en onderhandelingsvermoë beskik

Die vernaamste verantwoordelikhede is:
• Ondersteun die fiksie-afdeling met produksieprosesse, manuskripwerwing en koördinering van kantoorpligte
• Bemarking en bestuur van sosiale media en blogplatforms soos WordPress en Bookstagram
• Hanteer spesiale projekte soos nodig
• Algemene administratiewe take
As jy graag vir so ‘n dinamiese organisasie wil werk, stuur jou volledige CV teen 7 November 2018 aan:
Charlene Hougaard by charleneh@lapa.co.za

Beskou die aansoek as onsuksesvol indien jy nie binne ses weke
van LAPA Uitgewers gehoor het nie.

 

Uittreksel uit ‘Losprys’

by LAPA Uitgewers 0 Comments

Losprys deur Martin Steyn

29 Augustus 2017. Dinsdag.

“Weet jy wat is ’n trosbom, Zap?” Adjudant Enzo Ariefdien kyk na die wit bordjie: Welcome to Republic of Hout Bay, en stuur die Nissan Tiida om die slap draai na regs.
Uit die hoek van sy oog sien hy die beweging van sersant Fikiswa Zaphalala se kop. “Nee.”

Gewoonlik ontmoet sy Afrikaans en haar Engels mekaar heel gemoedelik in die middel, maar nie altyd nie. “’n Cluster bomb.”
“Nog steeds nee.”
“Dis ’n groot bom vol van ’n klomp kleiner bommetjies. Soos wat dit nou val, maak dit in die lug oop en skiet al hierdie bommetjies uit.

Gewoonlik ontplof dit ’n entjie bokant die grond sodat dit so ’n scattereffek van verwoesting veroorsaak.”

Die pad kronkel skouerloos tussen die bome deur. Dis nogal woudagtig. Ariefdien herken dennebome en bloekoms tussen die ander onbekendes. Twee wit skoenlappers dwarrel om mekaar langs die pad, want dis mos amper lente, al lyk dit nie so met die grys lug en saamgepakte wolke nie.

“As jy nou daai prentjie in jou kop vat en jy maak elkeen van daai bommetjies vol stront, en jy laat dit oor ons twee se koppe ontplof, dan het jy die situasie waantoe ek en jy nou op pad is.”
Mure begin aan die regterkant, stene, hout, later aan die linkerkant ook soos wat hulle Houtbaai binnegaan.

Een muur lyk soos ’n huis met vensters, ’n deur en selfs ’n gewel, maar daar is geen dak of ander mure nie. Die bome bly geil, al is heelparty grys en kaal. Rankplante neem verskeie van die stamme in, die hartvormige blare blink en welig.

“So, die man wat gebel het, het geen eise gestel nie,” sê Zaphalala, “maar dit moet oor geld gaan. Anders, hoekom bel om te sê hy het die seun?”

Gestolde drielaagslaai uit 50 Boerekosgeregte

by Lapa Redakteur 0 Comments

<h3>GESTOLDE DRIELAAGSLAAI (uit <a href=”https://www.lapa.co.za/niefiksie/kookboeke/50-boerekosgeregte/sagteband”>50 Boerekosgeregte </a>)</h3>

 

BESTANDELE:

 

WORTELLAAG

80 g (1 pakkie) lemoengeur jelliepoeier

250 ml kookwater

250 ml fyngerasperde wortels

 

PYNAPPELLAAG

80 g (1 pakkie) pynappelgeur jelliepoeier

250 ml kookwater

410 g (1 blik) fyn pynappel, gedreineer

250 ml gerasperde cheddarkaas

250 g geroomde maaskaas

 

BEETLAAG

80 g (1 pakkie) kersiegeur jelliepoeier

250 ml kookwater

250 ml gerasperde gaar beet

 

Onderhoud met Ciska Olivier

by LAPA Uitgewers 0 Comments

1. Wat staan nie in jou biografie nie, wat jy voel lesers ook van jou moet weet?
Ons hou van dress-up parties en bietjie uithaak.

2. Wat is die vernederendste oomblik in jou lewe gewees?
Toe ek op skool by ’n sokkie op ’n stoel moes klim (kan nie eens onthou hoekom nie), my romp vasgetrap en neergeslaan het voor almal.

3. Wat is die eerste boek wat jy gelees en wat is die mees onlangse boek wat jy gelees het?
1ste boek: Adrenalien – Leon van Nierop (gevolg deur Ena Murray se hele reeks)
Onlangse boek: Jy is myne alleen – Petronel Louw

 

 

4. Hoe drink jy graag jou koffie … of tee?
Koffie met baie melk en soms met 1 lepel suiker as ek voel ek het nodig om bietjie soet te word.

5. As jy jou eie roomys geur kon uitdink wat sou dit wees?
Koffie & Karamel Toffie 

Proestukkie: Net myne deur Susan Olivier

by LAPA Uitgewers 0 Comments

Net myne deur Susan Olivier

“Dis Human. Net so sexy soos Francois, maar hy val nie in my smaak nie. Te arrogant. Te seker van homself. Dink hy is beter as ander. Ek staan in elk geval nie ’n kat se kans by hom nie. Daar is gewoonlik nie staanplek naby hom nie. Soos jy sien, is hy altyd omring deur meisies. Francois sê dis ’n pyn om saam met hom uit te gaan. Wildvreemde meisies sluit ongenooid by die geselskap aan. Daarom kuier ons nooit saam nie.” Mariaan se mond trek in ’n snedige lyn. “Die blondekop-ou is Ciska se toyboy. Hy is so oud soos Human.” Sy beduie na voor. “Ek gaan nader beweeg.”
“Netnou jaag hulle jou weg as julle jou sien.”

Onderhoud met Leandra Naudé

by LAPA Uitgewers 0 Comments

Leandra Naudé skrywer van ‘Reis deur die hart’ vertel vir ons bietjie meer oor skrywers en boeke waarvan sy hou!

– Watter drie skrywers se boeke sal jy graag met vakansie wou saamneem?
Nora Roberts, Chanette Paul en Diana Gabaldon.

– Watter drie skrywers het jou die meeste beïnvloed?
Eleonor Baker, Chanette Paul en Dalene Matthee.

-Wat is die interessantste boek wat jy hierdie afgelope jaar gekoop het?
“The Book Thief” deur Markus Zusak.

-Wat is jou vyf gunstelingboeke ooit?
Net vyf??? “Verspeelde werklikheid” deur Eleonor Baker, “Kringe in die bos” deur Daleen Mathee, Die Arkady Renko-reeks van Martin Cruz Smith, “If tomorrow comes” van Sidney Sheldon, “Lord of the Rings” van J.R.R. Tolkien en die Harry Potter-reeks deur J.K. Rowling en dan ook die Will Trent-reeks van Karen Slaughter.

Proestukkie uit ‘Nuwe drome’

by LAPA Uitgewers 0 Comments

Isao Keyser se glimlag laat dieselfde warm lamheid van netnou deur Katja se lyf stroom, hierdie keer net heftiger.

“Ek kon nie help om jou pragtige glimlag van die verhoog af raak te sien nie. Dis net so betowerend soos Julia Roberts s’n in ‘Pretty Woman’.”

Katja voel ’n gloed teen haar nek vlam vat.

“Ek … o, baie dankie.” Sy voel lus om haarself te skop. Wat moet die man van haar dink?

Sy klink soos ’n bakvissie. Isao maak ’n effense buiginkie. “My plesier. Dis nie ’n pickup line nie, hoor. Jy lyk werklik baie soos Julia Roberts.”

Mev. Sarie Vermaak – 57 jaar lank al deel van ons liefdesverhaleklub

by Lapa Redakteur 0 Comments

Mevrou Sarie Vermaak was net 22 jaar oud toe sy 57 jaar gelede by die destydse Eike-boekklub aangesluit het, toe LAPA Uitgewers nog JP van der Walt & Seun was. Sedertdien ontvang sy maandeliks ’n boekpakkie met liefdesverhale van ons. Haar pragversameling boeke word gehuisves in haar eie kamer in haar plaashuis en die totaal staan al ver oor die 1 300-kerf.

Sy put genot uit die feit dat sy die boeke oor en oor kan lees. “Soms lees ek weer ’n verhaal en dan is dit vir my nuut, so lekker, asof ek dit weer vir die eerste keer lees,” vertel sy. Haar versameling boeke vertel die geskiedenis van die liefdesverhaal oor meer as vyftig jaar. Van die destydse hardebandboeke waar Susanna M. Lingua onder haar gunstelinge tel, tot by vandag se sagteband-Romanzas waar Dina Botha ’n spesiale plekkie in haar hart het.

Sy woon op ’n plaas naby Potgietersrus (Mokopane) en al is sy reeds 79 jaar oud, ken sy geen rus nie. Daar word steeds op die plaas geboer met onder andere blomme en skape. Sy kook gereeld konfyt en is tans besig om haar rotstuin oor te doen. En, sê sy, ons moet tog almal onthou dat ’n klein bietjie botter by die konfyt keer dat dit oorkook.

Proestukkie uit ‘Liefde tussen die duine’ deur Ilze Beukes

by Lapa Redakteur 0 Comments

Liefde tussen die duine – Ilze Beukes Hy sluit die kamerdeur oop, stoot dit wyd oop. Sit hulle bagasie binne neer. Haar oë word groot, want dit lyk na ’n kamer vir ’n getroude paartjie, ’n pasgetroude paartjie. Daar is selfs ’n bos bloedrooi rose en ’n bottel sjampanje op ’n wit gedekte tafeltjie. Haar hart klop hard teen haar borskas. Sy draai om en kyk na hom. Sy oë vonkel. “Ek kan nog ’n kamer bespreek. Ons het die eindstreep behaal, die keuse is nou joune.” Sy trek hom aan die voorkant van sy T-hemp by die deur in. Druk die deur toe met haar ander hand en sluit dit. Dit is aanmoediging en genoeg van ’n antwoord sodat hy haar opraap en dieper die kamer instap. “Droomvrou,” fluister hy in haar nek voordat hy haar lippe vir die soveelste keer opsoek. Hy kyk diep in haar oë. Sy voel sy liefde voordat hy die woorde sê. “Ek is lief vir jou. Vir ewig en altyd.” “En ek vir jou! Vir ewig en altyd.”