Skip to main content

Skrywer inspirasie | Cecilia Steyn

Cecilia Steyn is ‘n skrywer van Orkney in Noord-Wes. Sy is in Welkom in die Vrystaat gebore. Na matriek begin sy ʼn loopbaan in die apteekbedryf waar sy vir baie jare as takadministreerder werk. In 2014, onder die mentorskap van haar broer en bekende skrywer, Fanie Viljoen, probeer sy vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns.

In ‘n onderhoud met Heino du Plessis, vertel Cecilia meer oor haar boeke: Lea lief seeskilpaaie: Avonture by die akwarium en Lea lief honde: Hik, hik hoera!

Lea se ma is ’n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum – om diere te red, is in haar bloed! Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van ’n siek pikkewyn tot die popsangeres Amelia Ametis wat opdaag – met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy ’n blink plan …

Kyk hier die volledige onderhoud.