Skip to main content

Resep uit : Karlien nie kook nie | Karlien van Jaarsveld en Lizelle Hoffmann

Griekse Braaibroodjies

Bereiding: 10 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute

Bestanddele

  • 8 snye rogbrood of brood van jou keuse
  • 1 rooi-ui, in dun ringe gesny
  • 150 g rosatamaties, in dun skywe gesny
  • 200 g laevet-fetakaas
  • 1 t gedroogde basilie
  • ½ t woestyn- of pienk sout
  • ¼ t growwe swartpeper
  • 1-2 e olyfolie

Metode

  1. Pak vier snye brood uit op ’n werkoppervlak.
  2. Rangskik die skyfies ui en tamatie op die brood en geur met kruie, sout en peper.
  3. Plaas die ander snye brood bo-op.
  4. Verf die brood aan die buitekante met olie en pak dit op die rooster.
  5. Braai oor baie stadige kole tot die broodjies bros en die tamatie en uie sag is.