Skip to main content

Resep | Lemoenkoek

12 PORSIES
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knippie sout
75 ml (5 e) CLOVER Farmstyle-botter
125 ml (½ k) CLOVER-volroommelk
4 eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) CLOVER Krush-lemoensap
Versiersel
75 ml (5 e) CLOVER Farmstyle-botter
250 ml (1 k) versiersuiker
30 ml (2 e) CLOVER Krush-lemoensap

  • Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n ringkoekpan met ’n deursnee van 26 cm goed met botter. Strooi ’n bietjie koekmeel in die pan en skud die oortol­lige meel uit.
  • Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
  • Verhit die botter en melk saam oor lae hitte tot warm maar nie kokend nie.
  • Klits die eierwitte styf en klits die strooisuiker geleidelik by.
  • Gooi die eiergele by en klits tot die mengsel lig en donserig is.
  • Roer die meelmengsel en melkmengsel beurtelings by die eier­mengsel.
  • Voeg die lemoensap by en roer tot glad.
  • Skep die beslag in die voorbereide pan en bak dit 30 minute lank of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  • Laat die koek vir 15 minute in die pan afkoel en keer dit dan op ’n afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel. Plaas dit op ’n geskikte koekstaander.
  • Klits die botter tot liggeel. Klits die versiersuiker geleidelik by. Voeg die lemoensap by wanneer die versiersuiker styf word. Hou aan klits tot die versiersuiker sag en romerig is.
  • Versier die koek na smaak.

Bron: CLOVER Gunsteling Suid-Afrikaanse Kos – LAPA Uitgewers