Werkersdag 2020

Ontdek ‘n nuwe wêreld…

Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou.

Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of ’n wolkekrabber bou? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe! Daar is 8 beroepe om van te kies:

Ruimtevaarder

Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser alles oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord die Internasionale Ruimtestasie.

Wetenskaplike in opleiding


Wetenskaplike in opleiding leer kinders oor basiese chemie, biologie en fisika.

Dokter in opleiding



Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red.

Ingenieur in opleiding


Ingenieur in opleiding wys jong kinders hoe ingenieurs wiskunde en wetenskap gebruik om die geboue en masjiene te bou wat ons elke dag sien.

veearts in opleiding

Veearts in opleiding is propvol nuttige inligting wat jong lesers alles sal leer oor diere en hoe om hulle te versorg. Vind meer uit oor die verskillende tipe veeartse, hoe ’n veeartspraktyk werk, hoe om diere se liggaamstaal te verstaan en hoe om gesondheidsprobleme te diagnoseer en behandel.

atleet in opleiding


Atleet in opleiding bevat alles wat jong lesers moet weet oor hoe om ’n atleet, sportman of sportvrou te wees. Kinders kan meer leer oor hoe om ’n topatleet te wees en ’n prettige toets doen om te sien in watse sportsoort hulle die beste sal presteer.

brandbestryder in opleiding


Brandbestryder in opleiding bevat brokkies inligting oor brandveiligheid en sal jou alles leer van die belangrike werk wat brandbestryders doen.

kodeerder in opleiding



Kodeerder in opleiding bevat inligting oor hoe om kodes te skep, watter vaardighede ’n kodeerder nodig het en hoe om jou eie webwerf te skep.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS