Video_idees_ideas_jaco_jacobs_dk

Video idees

Video Ideas is uitgegee deur Dorling Kindersley Limited, ’n Penguin Random House-maatskappy, in 2018. Dit is vertaal vir LAPA Uitgewers deur Jaco Jacobs.

Wie’s in jou span?

Dit kan meer as een mens verg om ’n video te maak. Elkeen speel ’n belangrike rol in die proses. As jy weet wat elkeen se rol behels, sal julle lekker saamwerk en beter resultate as ’n span verkry.

Die filmspan

Die regisseur moenie baasspelerig wees nie. Behandel elke lid van jou span met respek, Die eerste stap is om te weet wat elkeen se pligte is.

KOOP HIER | BUY HERE
Maak fantastiese video’s en animasie om op YouTube te plaas en met jou vriende te deel! Droom jy daarvan om die volgende YouTube-sensasie te word? Of hou jy net daarvan om video’s te maak? Moet jy ’n videojoernaal vir ’n skoolprojek maak? Ontdek die videomaak-proses van draaiboek tot skerm, met praktiese wenke, raad en kortpaaie vir jou eie opwindende projekte tuis. Hierdie boek bevat al die inligting wat jy nodig het om jou eie video’s te maak. Ontdek die beste kamerahoeke, leer hoe om videomateriaal te redigeer, hoe om jou video aanlyn te kry, en hoe om veilig op die internet te bly. Gaan jy jou eie weervoorspelling opneem? ’n Kosmaakdemonstrasie verfilm? Jou troeteldier se lawwe toertjies op video vaslê? Of met die kamera oor jou geheime talente gesels? Video-idees bevat alles wat jy nodig het om die beste video’s ooit te maak – van die keuse van jou kostuums tot daardie baie belangrike post-produksie-kortpaaie. Of jy nou spesiale geleenthede opneem, jou eie animasievideo’s maak, ’n rekenaarspeletjie resenseer of ’n musiekvideo maak – hierdie briljante boek sal jou help om ’n ster en ’n videojoernalis te word!

Vervaardiger
Die vervaardiger hou die projek aan die gang, van skootbeplanning tot om seker te maak almal weet waar hulle wanneer moet wees.

Regisseur
Die regisseur is die kreatiewe kaptein van die projek. Hy of sy lei, motiveer en bring die beste in die span na vore.

Kamerapersoon
Die kamerapersoon is in beheer van die ligte en kamera, dikwels saam met ’n span mense.

Draaiboekskrywer
Die draaiboekskrywer skryf die storie en dialoog.

Akteur
Die akteurs verskyn in die video. Hulle kan as karakters of as hulself optree.

Komponis
’n Komponis skryf musiek vir die video.

Klankopnemer
Die klankopnemer neem die klank op, monitor klankvlakke en stel die mikrofone op.

Helper (runner)
Die helper staan almal by deur take te verrig en hulp te verleen waar nodig.

Hare en grimering
’n Haarstilis en grimeerkunstenaar sorg vooraf dat die akteurs perfek lyk vir hul rolle.

Stilis
Die stilis werk saam met die haarstilis en grimeerkunstenaar, maar hy of sy konsentreer op die kostuums en bykomstighede.

Stelontwerper
Die stelontwerper sorg vir die ontwerp en bou van stelle vir die video.

Redigeerder
Ná alles verfilm is, voeg die redigeerder die materiaal saam in ’n finale produk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS