'n Kwessie van tyd

Uittreksel: ’n Kwessie van tyd

Engeland

Hoofstuk 1

KOOP HIER | BUY HERE
Op ’n stormagtige nag in ’n Engelse herehuis word ’n jong vrou grusaam vermoor. Sy vat ’n eienaardige geheim na haar graf toe en die moordenaar verdwyn soos ’n skim in die nag. Twintig jaar later by een van die wêreld se mees eksklusiewe perdewedrenne is dit die buiteperd wat onverwags die kroon wegdra. In een van die losies staan Henry Clarke stomgeslaan. Hy het sopas iets onmoontlik sien gebeur. Op ’n klein wildsplaas in die noorde probeer Jan Brand vir hom so tussen die stof en droogte ’n nuwe lewe staanmaak. Vir so ’n jong man het hy al baie geleef. Nes hy dink hy kan die stad agter los en in vrede begin boer, ontvang hy ’n uitnodiging van sy skatryk buurman, einste Henry Clarke. Dié wil Brand as privaatspeurder aanstel om ’n raaisel in die ruitersport op te los. Kort daarna verdaag Brand na Kaapstad, waar ’n geheim begrawe deur tyd, geld en mag vir hom wag, tesame met die mense wat bereid is om te moor om dit so te hou. Jan Brand mag dalk die stof van sy hande af gewas het, maar binnekort gaan hulle vol bloed wees.

“Vanaand is die aand. Niks van ’n lordship gaan sy gat red nie. Van nanny speel is ek moeg.”
Sy kyk verbaas na haar weerkaatsing in die voorruit. Het sy werklik met haarself gepraat? Haar gesig lyk ouer in die spieëlbeeld. Sy moet leer ontspan, die plooi tussen haar oë – wat hulle nog nader aan mekaar laat lyk – wegkry.
Opeens skeur weerlig deur die nag en laat haar skrik. ’n Rammeling van donderweer volg, toe open die wolke en reën stort na benede. Sy tuur deur die ruit, op soek na die afdraaipad. Lig word deur die vallende water teruggekaats en verminder haar sig na ’n paar jaarts.
’n Rukwind swiep die reën vir ’n oomblik opsy. Wasem vorm aan die binnekant van die voorruit soos die lugversorger oorweldig word. Sy swets luid voor sy met ’n bondel snesies in haar linkerhand dit begin wegvee. Haar aandag is so gefokus op die ruit dat sy bykans die afdraaipad mis. Wanneer sy aan die stuurwiel pluk, gly die Mini. Die motor mis nouliks die regterhekpaal. ’n Vinnige laer ratskakeling en meer petrol laat die wiele tol en gryp na vastrapplek.
Op die ingangspad, met die oorhangende bome as buffer, is die storm se effek minder opsigtelik. ’n Kontrasterende kalmte heers kortstondig tot die motor onder die laning uit beweeg.
Sy stuur die motor met een hand teen die helling van die heuwel op, besig met die lugversorger. Die pad swenk deur veelvuldige draaie, gevorm deur die terrasse onder en voor die huis. Dan swiep die hoofligte oor die woning. Vir ’n oomblik is dit asof dit haar skok, die nabyheid daarvan. Dan klem sy vasberade haar kake op mekaar.
Al is dit middernag – sy keuse – gaan beslissings vannag nodig wees. Keuses wat mense se lewens onherroeplik gaan verander. Dit weet sy. Hy besef dit sekerlik ook.
Flikkerend word die huis deur nog ’n weerligstraal teen die horison afgeëts. Dit is massief. Gebou in ’n tyd toe ’n man se huis werklik sy kasteel was, kan die omvang daarvan nie ontken word nie. In die storm neem dit egter ’n ander dimensie aan. Nou kom dit intimiderend voor. Die dwarrelende mistigheid om die skoorstene versterk die effek van ’n vesting, onoorwinlik en verhewe bo alles waaroor dit troon. Daar binne sal inwoners immer veilig wees.


In die huis verstyf die man wanneer die motorligte oor die vensters val. Dan gaan hy voort om die latekshandskoene aan te trek. Die enigste lig in die vertrek kom van ’n antieke lamp op die lessenaar.
Die gedempte lig verdoesel sy gelaatstrekke toe hy buk om die broek van die nylonoorpak aan te trek. Soos hy dit oor sy bene worstel, swets hy gedemp.
Gewoontes, ingedril deur jare se kinderoppassers, is nie maklik oorkombaar nie. Immer bly die emosionele beheer van die adelstand as verweer, selfs waar jy alleen is. Nooit mag iemand in sy posisie bespotlik optree nie. Alles moet deeglik beplan en metodies uitgevoer word. Indien nie, dien sy ondeurdagte huwelik steeds as voorbeeld.
Om sy lenige lyf in die pak se bostuk te wikkel is makliker. Dan volg die rubberstewels. Hy maak seker dat die bopunte onder die broekspype inpas. Vanuit die dieptes van die huis dreun die slae van die ou staanhorlosie twaalf keer.
Soos hy regop kom, druk hy die gordyne sywaarts om na die Mini daar onder te kyk. Die motor is besig om die laaste terras te nader, op pad na die agterdeur.
Tevrede glip hy die anorak oor sy kop en maak die toutjies onder sy ken vas. Terwyl hy na die deur beweeg, gaan staan hy ’n oomblik voor die spieël om seker te maak dat hy volledig bedek is.
Langs sy regterslaap klop ’n aar pynlik. In die spieël brand sy swart oë met intensiteit ’n agter die bril.
“Tally-ho!” mompel hy binnensmonds, knipoog dan bemoedigend na die gesig in die spieël. Die kloppende aar begin hom irriteer. Hy plaas sy hand daaroor, asof hy dit stil wil maak. Nou is dit tyd om planne finaal tot uitvoering te bring; geen omdraai is moontlik nie.
Buite die vertrek staan hy momenteel om sy oë aan die donkerte gewoond te maak. Die ongereëlde flikkering van weerlig verlig die bekende trappe. Sy verbygang word dopgehou deur skilderye van diegene wat hom in hierdie lewe voorafgegaan het. Die klank van ’n motorenjin onder druk blaas nuwe lewe in sy stap. Hy haas hom na die kombuis en steek vas in die deur, sy oë soekend deur die onbekende vertrek.
Buite die huis hoor hy ’n motordeur toeslaan. Wanneer hy sien waarna hy soek, spoor dit hom nog meer aan. Hy haas hom daarheen, gryp een en stap vinnig na die agterdeur. Eers die geklak van hoëhakskoene wat net buite die deur stop. Sleutels rinkel saggies, dan word die slot oopgesluit. Die swaar deur swaai na binne oop, aangehelp deur ’n windvlaag. Dit blaas ook die sambreel wyd oop en trek die vrou in die vertrek in. Met haar rug probeer sy die deur toedruk, haar hande besig met die sambreel.
Te laat besef sy dat iets drasties fout is. ’n Deur gaan nie vanself toe teen die wind nie. En hierdie verskrikte vrees in haar maag is werklik. So ook die hand wat van agter oor haar mond klamp. Instinktief probeer sy wegbreek deur blindelings sywaarts te tree en die sambreel woes te swaai. Dan verstil sy geskok in herkenning. Hy gryp haar aan die hare. Ruk haar kop na agter, haar nek ontbloot. Dit flits wit in die yl lig terwyl sy haar asem intrek, haar longe vul.

KOOP HIER | BUY HERE
Op ’n stormagtige nag in ’n Engelse herehuis word ’n jong vrou grusaam vermoor. Sy vat ’n eienaardige geheim na haar graf toe en die moordenaar verdwyn soos ’n skim in die nag. Twintig jaar later by een van die wêreld se mees eksklusiewe perdewedrenne is dit die buiteperd wat onverwags die kroon wegdra. In een van die losies staan Henry Clarke stomgeslaan. Hy het sopas iets onmoontlik sien gebeur. Op ’n klein wildsplaas in die noorde probeer Jan Brand vir hom so tussen die stof en droogte ’n nuwe lewe staanmaak. Vir so ’n jong man het hy al baie geleef. Nes hy dink hy kan die stad agter los en in vrede begin boer, ontvang hy ’n uitnodiging van sy skatryk buurman, einste Henry Clarke. Dié wil Brand as privaatspeurder aanstel om ’n raaisel in die ruitersport op te los. Kort daarna verdaag Brand na Kaapstad, waar ’n geheim begrawe deur tyd, geld en mag vir hom wag, tesame met die mense wat bereid is om te moor om dit so te hou. Jan Brand mag dalk die stof van sy hande af gewas het, maar binnekort gaan hulle vol bloed wees.

Die gil wat in haar keel vorm, sou bloedstollend wees. Die uiting daarvan word egter onderbreek deur die neerswiepende lem. Wat uitkom, is ’n swak roggel toe die slagtersmes deur haar stembande klief. Verder afwaarts deurboor dit die aortaboog, voordat dit die fladderende hart penetreer. Haar arm, gelig in verdediging, word weggestamp deur die brute krag agter die lem. Soos sy vloer toe gly, probeer sy nogtans die wapen uittrek. Dan is daar skaars ’n sigbare doodstremor waar sy neersyg, so volledig is die verwoesting in haar binneste.
Die man staan vir ’n oomblik oor haar, drink die toneel in, hygend na asem. Dan buk hy langs haar, maar is versigtig om nie aan haar te raak nie. Tevrede dat sy inderdaad dood is, staan hy op. Haal ’n paar keer diep asem. Vir so ’n ernstige wond is daar min bloed vermors. Baie minder as verwag.
Die militêre opleiding met die Gurkas het tog ná soveel jare bruikbaar geword.
Hy reik in ’n baadjiesak en haal ’n plastiekvullissak uit. Haastig trek hy die nylonoorpak uit en stop dit daarin. Dan volg die stewels. ’n Vinnige swaaibeweging lig die sak tot op sy skouer soos hy koers kies na die trappe wat na die kelder lei. Daar waar die antieke steenkoolverhittingstelsel is. Eers stook hy die vlamme hoër en voeg dan die kledingstukke een vir een by die vuur. Hy moet versigtig wees om nie hare of die nuwe baard te skroei nie. Die rubberstewels veroorsaak probleme en gee ’n bytende rookwalm af wanneer dit vlamvat. Daarom dat hy die uitlaatwaaier aanskakel sodat dit nie die kelder en huis met die reuk besoedel nie. Hy keer terug op kousbedekte voete en steek vas by die trappe na bo. Kyk dan terug na die lyk, bloot om seker te maak.
Daardie soet doodsreuk hang reeds in die lug. In die dieptes van die huis weerklink ’n enkele harde noot van die horlosie. Tog besef hy dat daar genoeg tyd is. Om die vinnig beraamde oplossing tot uitvoering te bring, het dinge genoeg vertraag. Maar oorhaastigheid nou kan net lei tot foute, daarom is stapsgewyse handeling nodig. Hy draai weg en bestyg die trappe.
That’s the problem, Jeffrey m’boy. Mixing pleasure and personnel never was a good idea. They get uppity so quickly. As if spreading her legs on occasion gave her some entitlement . . . or leverage to attempt blackmail.
Ingedagte stap hy die studeerkamer binne, steek voor die spieël vas en smak sy lippe tevrede. Die littekens is besig om mooi te genees. Dis skaars sigbaar onder die wenkbroue en nuwe baard. Wanneer hy sy hare net só kam, kan selfs die littekens agter sy ore verberg word. Nog ’n pluspunt is dat sy lippe nie meer so geswolle voel ná die silikooninspuitings nie. Vererg dink hy hoe die dokter na sy mond verwys het as “swak gevorm”. Dié gedagte laat hom pruil, asof hy iets slegs proe. En aan die nuwe bles moet hy nog gewoond raak.
Sy gesig dra nou min ooreenkoms met die een in sy ou paspoortfoto, dink hy terwyl hy die nuwe vervalsing in sy sak druk. Soos hy met die trap af beweeg, voel hy hoe opwinding deur hom begin bruis. Alles is besig om in plek te val.
Terug in die kombuis stap hy na die agterdeur sonder om na die liggaam te kyk; sy is van geen verdere belang nie.
Wanneer hy die deur oopmaak, merk hy dat dit nog stuifreën. Dit kan net sy wegkom vergemaklik, maar dit beteken ook dat hy nat kan word. Vanuit die deur beskou hy vlugtig die omgewing. Vir ’n oomblik weifel hy, dan stap hy na die Mini terwyl hy ’n opgevoude koerant bo sy nat hare hou.
Toe hy opmerk dat die motorsleutels nog in die aansitslot steek, is dit soos ’n teken vir hom. Met behulp van sy sakdoek maak hy die deur oop en klim in. Weereens is hy versigtig om slegs die stuurwiel en die rathefboom aan te raak. Hy trek sy gesig vies vir die opgebondelde snesies op die passasiersitplek. Steeds is hy versigtig om dit nie te versteur nie. Ook verstel hy nie die sitplek nie, alhoewel dit te na aan die stuurwiel is vir sy gemak.
Dan, ná hy die enjin aan die gang kry, verstel hy die truspieël, weereens met die sakdoek daaroor. Geen vingerafdrukke kan nagelaat word nie. Toe sy oog die oop agterdeur vang, glimlag hy sonder vreugde. Laat die krediteure wat soos aasvoëls sirkel, hulle daaroor bekommer. Die koue wind sal dit in elk geval net moeiliker maak om die vrou se tyd van dood te bepaal.
Dan raak hy aan die dik bondel geld in sy binnesak vir gerusstelling. Die note omhul talle bankkaarte, gekoppel aan ’n aansienlike hoeveelheid geld in Liechtensteinse banke. Dit maak die moontlikheid van ’n suksesvolle nuwe begin meer beslis. Ook bemoeilik dit enige nasporing van sy bewegings.
Sodra hy reik na die ligte se skakelaar, keer hy homself net betyds. Die ent pad is bekend genoeg om dit in die donker af te lê. Ook mag dit help om enige nuuskierige oë te ontwyk. Terwyl hy teen die heuwel af ry, kan hy nie help om aan sy vrou te dink nie. Hoe gaan sy reageer op sy verdwyning? Bes moontlik met verligting dat alles uiteindelik verby is. En beslis met bitterheid. Maar wat het sy verwag nadat sy met hom getrou het – en hy toe eers moes uitvind dat liewe skoonpa ook op die rand van bankrotskap huiwer; en trouens bly is om ontslae te raak van nog ’n mond om te voed.
Praat van iets wat die hele doel omverwerp. Sy, met haar formidabele heupe en skeerlemtong, veral ná sy ’n paar doppe in het. Dan moes ’n goeie opvoeding die wyk neem. En gedagtig aan sy skoonpa, onthou hy wat iemand van hom gesê het: “Jack is die tipe man wat eerder tien pond wil verdien deur jou te verneuk as om ’n honderd wettig te maak.”
’n Mens sou van haar verwag het om meer begrip vir sy wankelrige finansiële posisie te toon. Al wat sy bygedra het, was die statuur van haar familienaam. Tog het dit gehelp om die krediteure net daardie bietjie langer weg te hou. Die stalle het geld gebloei. Die verlies van Dublin Flyer verlede jaar aan koliek was egter die laaste strooi. Met niks meer stoetfooie wat inkom nie, was die einde onafwendbaar. En met geen geld om die versekering op die hings te kon betaal nie, was ook dáár nie enige uitkoms nie.

KOOP HIER | BUY HERE
Op ’n stormagtige nag in ’n Engelse herehuis word ’n jong vrou grusaam vermoor. Sy vat ’n eienaardige geheim na haar graf toe en die moordenaar verdwyn soos ’n skim in die nag. Twintig jaar later by een van die wêreld se mees eksklusiewe perdewedrenne is dit die buiteperd wat onverwags die kroon wegdra. In een van die losies staan Henry Clarke stomgeslaan. Hy het sopas iets onmoontlik sien gebeur. Op ’n klein wildsplaas in die noorde probeer Jan Brand vir hom so tussen die stof en droogte ’n nuwe lewe staanmaak. Vir so ’n jong man het hy al baie geleef. Nes hy dink hy kan die stad agter los en in vrede begin boer, ontvang hy ’n uitnodiging van sy skatryk buurman, einste Henry Clarke. Dié wil Brand as privaatspeurder aanstel om ’n raaisel in die ruitersport op te los. Kort daarna verdaag Brand na Kaapstad, waar ’n geheim begrawe deur tyd, geld en mag vir hom wag, tesame met die mense wat bereid is om te moor om dit so te hou. Jan Brand mag dalk die stof van sy hande af gewas het, maar binnekort gaan hulle vol bloed wees.

Maar wie het gesê dat vooruitbeplanning nie wenslik is nie? Beslis nie sy Liechtensteinse bankier nie, wat maar alte graag met alles saamgegaan het. En ook summier alles “vergeet” het – wat ’n prysenswaardige eienskap van enige goeie bankier is. Net jammer hy kan nie soos die bankier maak waar dit sy vrou aangaan nie. Haar oplossing was om so gou moontlik ná die troue swanger te raak, asof dit haar enigste doel was. Daarmee het sy volhard; drie kinders in vyf jaar. Liewe hemel, wat het sy gedink? Drie snuiwende snotkoppies, en elkeen se begeertes groter as die ander. Hê, hê en hê – soos ’n refrein van vroegoggend tot laat.
Hy moet homself kalmeer wanneer hy die bitter gal agter in sy keel proe. En hy ry te vinnig. Die remme is nie ’n opsie nie, die remligte kan aandag trek. Reeds het hy genoeg probleme. Meer is nie nodig nie, baie dankie. Daarom vinnig oorskakel na ’n laer rat met ’n haastige tweemalige gebruik van die koppelaar. Die enjin skree protesterend soos die toere die hoogte in skiet, maar dit laat die motor beslis stadiger voortsnel.
Maar binnekort . . . binnekort gaan dit alles verby wees. Hy moet net versigtig wees. En geduldig. Oor die laaste paar maande het geduld hom beloon, en toegelaat om ongemerk van heelwat antieke erfstukke op eksklusiewe veilings ontslae te raak. Die afslaers verwys filosofies na sulke goedere as afkomstig vanaf ’n “gentleman’s estate”, al is dit bloot om ’n stewige prys te verseker. Nie dat dit hom gepla het nie. Geld moes hy bekom, en aardse goedere sou hom net aan bande lê. Steeds kan hy nie sy gedagtes wegskeur van sy verdomde familie nie.
Nie eenkeer is sy behoeftes in aanmerking geneem, of selfs na verneem nie. Vir alle doeleindes was hy maar net die groen geldboom, altyd gereed om van nog ’n paar blare afstand te doen. Niemand het ooit “asseblief” of “dankie” gesê nie. Het hulle woorde gewissel, het sy eers vir ’n wyle by mother gaan bly. ’n Alternatief was om vir ure met haar broers of susters oor die foon te klets, hoofsaaklik om haar lot in die lewe te bekla.
En vir hom? Wragtig nie eens ’n tante om mee te praat nie, só is sy familie se manier van doen. Jy glimlag maar stoïsyns en verduur dit. Dit sal tog oorwaai, soos altyd. Daarom geen nodigheid om soos ’n plattelandse kleinboer oor jou probleme te klets nie. Hy slaan die rathefboom nogmaals af na ’n laer rat. Die hek skiet nader in die nag, vinniger as verwag. Dan verlig die donkerte van die laan wanneer hy onder die dekking van die bome uitglip.
By die grootpad wat langs die landgoed verby gaan, moet hy rem uit vrees vir ’n botsing. Groot lorries op pad na die markte gebruik dié pad in die vroeë oggendure, en nie almal het goeie ligte nie.
By die pad is hy bly dat daar geen verkeer is nie. Met reën nie meer ’n faktor nie, kan hy dit selfs waag om na ’n goeie honderd jaarts sy ligte aan te skakel.
Met die rigting suidoos van Londen af, begin hy versnel. Al wat oorbly, is om betyds vir die helikopter te wees.
’n Nuwe lewe kan vir ’n paar duisend pond gekoop word. Op ’n nuwe begin, dink hy terwyl hy die versneller wegtrap.


Dis eers ná die langnaweek dat die koerante berig oor die gebeure. Soos gewoonlik dra die Times sy normale formele voorblad. Die poniekoerante, daarenteen, maak die beste gebruik van die sensasie op hul voorblaaie.
Hoofopskrifte varieer van die aandagsoekende “Nanny murdered! Lord kidnapped?” tot die bisarre “UFO’s connection with murder”.
Binne dae druk meer onlangse stories die moordsaak na bladsy drie. Daar sterf dit ná ’n week ’n stille dood omdat die polisie geen vordering met die ondersoek maak nie. Lateraan is dit slegs op die herdenking van die moord dat die storie weer afgestof word vir sensasie om ’n paar kolomme te vul. Dit word net nog ’n saak wat onopgelos stof vergaar in polisie-argiewe.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS