Christien_Neser_Droomkans_Uittreksel_Excerpt

Uittreksel: Droomkans (Elle-reeks) – Christien Neser

Die laaste, onvergeetlike Elle-avontuur Die matriekdans-monster. Dit is presies wat op die oomblik oor Elle se skouer loer. Die ontwerpersrok van haar drome kos ’n plaas se geld, en sy het geen benul waar sy ’n ander rok vir die matriekdans in die hande gaan kry nie. Boonop is mevrou Bender terug op haar pos as skoolhoof van Gravitas – en sy is vasbeslote dat Elle haarself as hoofmeisie moet bewys. Wat gaan sy doen om seker te maak sy laat iets waardevols agter; iets om dankie te sê vir die wonderlike jare wat sy by Gravitas beleef het en seker te maak niemand vergeet haar in die jare wat voorlê nie? Maar waar Elle in die omtrek is, is daar gewoonlik ook hope moeilikheid. Kort voor lank sluip daar ’n paar vreemde nagtelike besoekers in die koshuis rond. En toe Elle agter die kap van die byl kom, moet sy inspring en help – al beteken dit ook sy moet by die skool se rekenaarstelsel probeer inbreek, hoofmeisie ofte not! Gaan Elle haar droomkans kry om ’n blywende nalatenskap by Gravitas te laat? Die laaste hoofstuk in die Elle-reeks sal aanhangers laat juig vir hul heldin – en trane laat afvee oor die skouspelagtige kragtoer waarmee hierdie topverkoperreeks ten einde loop. ’n Onvergeetlike boek.

1

“Ta-daa!”

KOOP HIER | BUY HERE
Die laaste, onvergeetlike Elle-avontuur Die matriekdans-monster. Dit is presies wat op die oomblik oor Elle se skouer loer. Die ontwerpersrok van haar drome kos ’n plaas se geld, en sy het geen benul waar sy ’n ander rok vir die matriekdans in die hande gaan kry nie. Boonop is mevrou Bender terug op haar pos as skoolhoof van Gravitas – en sy is vasbeslote dat Elle haarself as hoofmeisie moet bewys. Wat gaan sy doen om seker te maak sy laat iets waardevols agter; iets om dankie te sê vir die wonderlike jare wat sy by Gravitas beleef het en seker te maak niemand vergeet haar in die jare wat voorlê nie? Maar waar Elle in die omtrek is, is daar gewoonlik ook hope moeilikheid. Kort voor lank sluip daar ’n paar vreemde nagtelike besoekers in die koshuis rond. En toe Elle agter die kap van die byl kom, moet sy inspring en help – al beteken dit ook sy moet by die skool se rekenaarstelsel probeer inbreek, hoofmeisie ofte not! Gaan Elle haar droomkans kry om ’n blywende nalatenskap by Gravitas te laat? Die laaste hoofstuk in die Elle-reeks sal aanhangers laat juig vir hul heldin – en trane laat afvee oor die skouspelagtige kragtoer waarmee hierdie topverkoperreeks ten einde loop. ’n Onvergeetlike boek.

Die rooi gordyne van die aantrekhokkie vlieg oop. ’n Afrika-prinses stap uit, gegiet in ’n rok wat soos vloeibare goud aan haar heupe kleef. Met elke beweging van haar atletiese bene lyk dit of duisende sterretjies uit die glimmende romp verskiet.

“Help! ’n Donkerbril, asseblief. As die son nou verduister, is dit jou skuld, Refi.” Elle se maag is al seer gelag. Refilwe Kgabo is op haar stukke. Sy pas vandag die soort rokke aan waarvoor mevrou Bender skokdruppels sal moet kry. Die Matriekdans-ekspo is vir haar een groot grap. “Jy lyk … uhm … skitterend! Cleopatra sal uit haar piramide opstaan vir daai een. Maak klaar. Laaste een.”

Elle is haastig. Refi moet wikkel, want oor ’n uur moet hulle in Bender se kantoor sit. Daar is duisend en een goed om te bespreek. En van duisend gepraat, sy het pas ’n koel R1 000 betaal vir die voorreg om drie ontwerpersrokke aan te pas. Refi het nie ’n oog geknip nie. Sy het haar kaart net ewe kalm aan die stywe vrou in haar stywe swart pakkie oorhandig en aangekondig: “Ek sal ses rokke aanpas, dankie!”

KOOP HIER | BUY HERE
’n Ramp.

Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie. Elle is in matriek. Dit is veronderstel om die beste jaar van haar hele skoolloopbaan te wees. Sy is immers vanjaar hoofmeisie, sy het die beste vriende waarvoor enige meisie kan vra, sy gaan met die ou van haar drome uit, en daar is hope opwindende dinge by die skool om na uit te sien.

Maar die jaar skop op ’n aaklige noot af. Dinge tussen haar en Alex loop skielik skeef. En by die skool wag ’n groot skok op almal toe die hoof, mevrou Bender, onverwags ernstig siek word. Die waarnemende hoof, doktor Grimm, voel ’n veer vir die skool se tradisies en die spesiale projekte waaraan Elle-hulle soveel tyd en aandag bestee het. Al waarin die vreemde man met sy strikdas en sy fobie vir katte belang stel, is wiskunde. Hy is vasbeslote om Gravitas die beste wiskundeskool in die land te maak. 

Elle besluit sy kan nie net toekyk hoe Gravitas se trotse tradisies die een ná die ander sneuwel nie. Maar kort voor lank kom haar hoofmeisiebalkie in gedrang …

Elle sluk. Gelukkige ou Refi. As jy ’n pa met diep sakke het, skrik jy nie vir bedrae met drie nulle nie. Elle moes die tien bloues een vir een uit haar beursie tel, die helfte van haar kwartaal se sakgeld. Haar vingers wou om die dood nie laat los toe sy die geld by die deur van die aanpaskamer moes oorhandig nie. Die toesighouer in haar swart pakkie was nie geamuseerd nie.

“Wil jy aanpas of nie?”

Die hand met die skelpienk naels het die note uit haar natgeswete vingers getrek. Koebaai, bloues!

Sy het haar binnestemmetjie se ontsteltenis probeer ignoreer: Waar is jou kop, Elle? Jou strykstok is stukkend, jou onderklere is ’n skande, maar jy gooi R1 000 weg om drie rokke aan te pas. Vir ’n dans wat nog maande weg is. Wat dink jy sal Alex hiervan dink?

Alex! Sy bloos. Wat sou hy sê? Waarskynlik niks. Maar hy sou so skewerig en hartseer glimlag en sy sou weet dat sy ’n toets gedop het. Hy hou van haar in ’n kortbroek en ’n T-hemp, met los hare en kaal voete. Hy gril vir meisies in rokke met blinkers en krale, vir stywe skoene en ’n das wat wurg. Hy wou nie eens na sy eie matriekdans gaan nie. Opgemaakte meisies en ouens wat sweet in gehuurde aandpakke is net nie Alex Mostert se ding nie. En hier het sy pas die helfte van haar sakgeld op ’n arm vol aandrokke geblaas. Pleks sy soos Andante haar kop ferm heen en weer geskud het vir die duur aanpassery. Maar Refi het ’n suikertong en Elle het ’n rubberarm. Dis ’n dodelike kombinasie. Een wat Elle al soveel keer van ’n besliste nee tot ’n gelate ja laat verkrummel het. En hier sit sy nou, plat op die vloer van die aanpaskamer, en kyk hoe haar kammie van ouds met die een skepping ná die ander paradeer.

KOOP HIER | BUY HERE
Losloper. Die woord gee Elle koue rillings. Maar dit is presies wat sy vanjaar gaan wees. Die enigste lekker vooruitsig is die Aprilvakansie, wanneer sy en Refi saam Parys toe gaan. Dan maak ’n aantreklike uitruilstudent met stoute groen oë egter onverwags sy opwagting ...

“Staan opsy, Doris Day! Dis die mamma van alle dansrokke! Dis tyd vir salsa, meisies!” Refilwe Kgabo glimlag breed vir haarself in die lang spieël en spin op haar een voet in die rondte. Sy het nou ’n parmantige swart nommertjie aan. Die rompie swiep speels om haar bene. Die amperniks-rokkie hang aan twee amperniks-skouerbandjies. “Hoe lyk dié een, meisies? Klou om te hou, sou ek sê. Maar dalk te Kardashian?” Sy gaan staan voor die suurpruim agter die rekenaar wat haar soos ’n valk dophou. “Eerlike opinie, mevrou …” Sy kyk stip na die naamplaatjie teen die vrou se swart baadjie. “… Williams. Daarsy! Wat dink u, mevrou Williams. Sal hierdie rokkie werk?” Sy gee die vrou nie kans om te antwoord nie. “Of nee. Dit lyk of ek te hard probeer. Buitendien, dit mag dalk ons skoolhoof se bloeddruk opjaag. En hoor my lied: Ek doen nie noodbehandeling op my matriekdans nie.”

“Refi!” Elle en Andante snak gelyk na hul asem. Genugtig, niemand maak grappies oor Bender se gesondheid nie. Nie nadat Gravitas amper hulle hoof én al hulle tradisies kwyt was nie.

“Skaam jou,” sis Andante.

“Skuus. Ek trek alles terug, mevrou Williams. Alles.” Refilwe grinnik. Sy lyk allesbehalwe jammer. “Maar sal hierdie rokkie die ding doen? Sal dit Nicol vir ’n ses slaan? Dis die vraag. Wag, laat ek net gou skoene hierby aantrek. Die regte skoene máák ’n rok, nie waar nie?”

Refi huppel kaalvoet by Elle verby, knipoog en pluk die rooi gordyne agter haar toe.

Toe sy weer uitkom, het sy skoene aan. Haar hokkiestewels, kompleet met skeenskutte en dik hokkiekouse, tot onder die knie.

“En nou?” vra Refi aspris en kap dit uit met ’n paar dansbewegings. “Die perfekte kombinasie vir ’n laataand- toyi-toyi, of wat dink u?”

KOOP HIER | BUY HERE
Skedelkus.

Die naam alleen is genoeg om Elle hoendervleis te gee. Sy kan nie glo sy moet die Desembervakansie saam met haar oom Eddie en sy navorsingspan Namibië toe gaan terwyl hulle goggas vang nie. Haar en Refi se planne om ’n wit Kersfees in Frankryk te beleef, is iets van die verlede. As sy mooi daaroor dink, het sy baie min om na uit te sien:
1. Oor ’n week begin Alex se finale skooleksamen. Drie lang weke waarin sy hopeloos te min van haar kêrel gaan sien.
2. Wanneer sy matriekeksamen verby is, vat hy die pad landuit op ’n 4x4-avontuur. Dit gaan ’n lang tyd wees voordat sy weer saam met Alex in die reën kan hardloop of lawwe dinge kan doen.
3. En dan, as haar laaste graadtienvraestel verby is, begin sy pak vir oom Eddie se mal uitstappie na die Namib.

Die woestynuitstappie sorg egter vir meer opwinding as wat Elle in haar wildste drome kon dink. ’n Paar van die manstudente in die navorsingsgroep sal enige warmbloedige meisie twee keer laat kyk. En tussen die sandduine wag avonture wat Elle heeltemal van die Eiffeltoring laat vergeet ... 

Duinebesies is die vyfde boek in Christien Neser se gewilde reeks met Elle as hoofkarakter. Die vorige boeke, Kondensmelk, Koshuiskoffie, Blou sjokolade en Rocksusters, was al vier topverkopers.

Mevrou Williams word drie skakerings bleker. Sy stotter. “Dit … dit … dit was die laaste rok. Die sesde. Jou beurt is verby. En trek dadelik die skoene uit. Enige skade aan die rok is vir jou rekening. Volgende! Nommer ses-en-sestig.”

Elle lig haar nommer op. “Dis ek.” Sy maak die drie rokke aan hul hangers bymekaar, druk haar beursie in Andante se hande en glip saam met Refi tussen die gordyne deur.

“O, dit is pret. Wie’t gedink ’n rok-ekspo gaan die hoogtepunt van my dag wees? Ek is amper nie eens meer dikbek oor die drie doele wat ek vanmiddag gemis het nie. Ons kon gewen het.” Refilwe lig die rokkie oor haar kop. “Om gelykop te speel is soos om jou boetie te soen. Maar wat verwag jy? Met Grimm se manewales laas kwartaal het ons net heeltemal te min geoefen. Een vakansietoernooi gaan nie ons seisoen red nie.” Sy stoei om uit die rok te kom. “Help my, Elle. Netnou moet ek vir hierdie rok betaal.” Sy klik haar tong. “En dan slag my ma my af. Want sy wil vir my een in Parys laat maak. Chanel, Dior, een van daai. Jy ken haar.”

Elle skud haar kop. Gelukkige ou Refi. Mamma Kgabo woon in die wêreld se modehoofstad en haar smaak is onverbeterlik. Sy het waarskynlik klaar ’n Franse ontwerper opgekommandeer om Refi se matriekdansrok te maak. Vanmiddag se aanpas is sommer vir die pret.

“Daar’s hy, ou rokkie. Jy het Refilwe Kgabo oorleef.” Elle hang Refi se swart rok versigtig aan ’n vergulde hanger op. “Ei-ná! Het jy gesien wat die ding kos?”

Refi draai die kaartjie om. “Umlalaphansi!” Sy staan vir ’n oomblik sonder woorde na die vyf syfers en kyk. “Umlalaphansi makulu. Dit is baie geld vir ’n klein rokkie.”

KOOP HIER | BUY HERE
Dolgelukkig.
Dit is hoe Elle deesdae voel. En sy is nie verniet in die sewende hemel nie:
1. Sy is amptelik verlief.
2. Sy het vrede gemaak met haar nuwe skool.
3. Sy het ’n kamermaat saam met wie daar nie een vervelige oomblik is nie.
4. Sy speel in ’n briljante orkes.
5. En beste van alles, sy gaan binnekort oorsee! Sy kan nie wag om Frankryk te verken nie. Parys se modehuise; Angers se beroemde blou sjokolade ...

Maar dan loop dinge onverwags skeef. En in plaas daarvan om die strate van Parys plat te loop, moet Elle haar lelike stapstewels uitgrawe vir ’n staptog van ’n heel ander aard ... een wat definitief nie vir sissies bedoel is nie.

Blou sjokolade is die derde boek in hierdie humoristiese en romantiese tienerreeks oor Elle Kroon se avonture. Die vorige twee boeke is Kondensmelk en Koshuiskoffie. Die boeke volg op mekaar, maar kan ook as enkeltitels gelees word. 

In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op ’n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie – en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...

Elle grinnik. Vandat sy en Refi gister in mekaar se arms gespring het ná die tien dae lange Paasvakansie, is Refi gewapen met splinternuwe Zoeloe-uitroepe. Die naweek wat sy by haar ouma in Durban gekuier het, het sekerlik daarvoor gesorg. Elle het gou uitgevind dat umlalaphansi ’n kangaroe is. En makulu is ’n groot een. En, ja, die prys van hierdie rok is hoër as wat ’n yslike kangaroe kan spring. “Ek begin die antie hier buite se stywe lip verstaan. Maar dit is immers ’n Stella Maas! Geen wonder nie.”

Sy vee haar voorvinger liggies oor die etiket met die pikswart kat op. Dis Stella Maas se handelsmerk. En Stella was lank gelede een van hulle: ’n Gravitas-koshuisbrak. “Sy is seker die rykste oud-Gravvie op die planeet. En die beroemdste. En dan is sy nog gaaf ook.”

Elle glimlag en ’n warmte blom in haar bors. Stella Maas het hulle verlede jaar gewys hoe groot haar Gravvie- hart is. Sy het hulle Kaya Kumba-projek na die volgende vlak geneem en vir twee kinderhuismeisies ’n toekoms in New York gegee. Dis enorm. En dan het sy boonop nie die koshuiskatte vergeet nie. Elle kyk weer na die swart kat op die etiket. “Dat ’n koshuiskat dit nou wraggies van Gravitas se agterplaas tot in New York gemaak het.”

“Jip, maar nie net New York nie, hoor. Parys, Milaan, oral.” Refi trek haar hokkiehemp oor haar kop. “Waar het jy die storie van Stella en die katte gehoor?”

Elle begin haar skoolhemp losknoop. Al begin die skool eers môre, is sy klaar in uniform. Haar pligte het gister reeds begin.

“By Heksie. En jy weet hoe sy oor feite is,” sê Elle beslis. Juffrou Coetsee is fanaties daaroor dat hulle na betroubare bronne in hul toesprake verwys. “Sy sê Stella was altyd in die moeilikheid oor sy die koshuiskatte in haar bed laat slaap het. Dis van al die sit in die detensieklas dat sy begin prentjies teken het. En die prentjies het rokke geword, vrek mooies. Op Stella se webblad het ek van haar eerste ontwerpe gesien. Dis op Gravitas se ou skryfblokpapier gedoen, met die skool se leuse netjies bo in die middel. Noblesse oblige.”

Jip. Noblesse oblige. Dit is hulle leuse. Noblesse beteken hulle is almal prinsesse, het Mademoiselle probeer verduidelik. Maar oblige beteken dat ’n prinses altyd bereid sal wees om die minste te wees. Ha! Elle voel allesbehalwe soos ’n prinses vanmiddag. Sy voel soos ’n diensmeisie wat skelm in die prinses se aantrekkamer ingesluip het.

Elle haal die eerste rok eerbiedig af. Dié een het dadelik haar oog gevang. Sy is amper te bang om dit aan te pas. Sy het hierdie kleur al voorheen gesien. Sy het nie geweet mens kan dit vasvang in ’n stuk materiaal nie. Die rok is die kleur van die lug net voor die son opkom in die Namibwoestyn. Dit is ’n delikate duifgrys, soos die pensveertjies van ’n duif. Maar as die lig daarop val, begin die materiaal lewe, amper net soos Doringrosie wat uit haar slaap wakker word. Waar die lig op die romp val, slaan daar ’n sagte roospienk blos uit, maar in die skadu’s van die voue verdonker dit tot ’n dowwe pers. Die lyfie sit styf, sonder bandjies. Die romp val weg in ’n ragfyn waterval van babasagte lagies, net soos ’n vollengteballetromp. Sy kan skaars asemhaal. Dis beeldskoon. Verruklik, sou Heksie sê.

Alex sál hiervan hou, sê sy vir haar knorrige binnestemmetjie. Ek weet dit.

Hy sal die rok net een kyk gee en onthou van die nag in die Namib, toe hulle op die dak van die motor gesit en kyk het hoe die son die lug wakker soen. Hy sal onthou hoe die dofgrys horison eers pers geword het, toe babapienk en bottergeel, totdat die son alles ylblou en wit gebak het. En hy sal onthou hoe hy haar in sy baadjie toegedraai het toe die vroegoggendlug begin byt het, hoe hy met die krulle agter in haar nek gespeel het, terwyl hy vir haar stories van die duineleeus vertel het.

“Dis soos om die woestynhemel aan my lyf te dra,” sê sy saggies vir die spieël. Maar nie sag genoeg nie. Refi draai om.

“Nou toe nou.” Refi kyk haar stadig op en af. “Dis joune.” Sy haak die ander twee rokke af en gee hulle tussen die gordyne na Andante aan. “Andante, kom haal. Vra asseblief afslag. Elle gaan net een rok aanpas. Kroon lyk of daar pas ’n engel aan haar verskyn het. En sy lyk ook soos een. Toe, vat!” Sy draai terug. “Draai om, laat ek jou van agter sien.”

Elle kan nie ophou kyk nie. Sy stap – nee, sy sweef – tot voor die lang spieël. Sy draai effens, tol dan in die rondte. Die voue van die rok draai fluistersag saam. Sy klap Refi se hand weg wat sukkel om die prysetiket beet te kry. “Los, Refi. Dis ’n Stella Maas. Ek sal hierdie een nooit kan bekostig nie. Los my dat ek op my tyd totsiens kan sê. Dit is die hipersupermega- mooiste iets wat ek nog ooit gesien het.”

“Mooi tot die mag tien,” stem Refi saam. “Dis jóú rok.” Sy lig haar foon op.

“Geen foto’s nie!” kom dit kwaai van mevrou Williams. “Ontwerpersrokke mag nie afgeneem word nie.”

“In my drome.” Elle skud haar kop. “Ek weet wat my ma se begroting is. En moenie sê ek moet gaan viool speel op ’n straathoek nie. Ek doen dit nooit weer nie.” Sy sug. In die spieël sien sy hoe haar skouers sak. “Hoe sê my pa? Een oomblik gousblom, die volgende molshoop.” Sy draai haar rug na Refi. “Rits oop, asseblief. Tyd om te groet.”

Elle kyk ’n laaste keer na haar droom en maak haar oë toe. Sy moet die prentjie in haar geheue inbrand, vir altyd. Dan glip sy die rok oor die satynhanger en hou dit tussen die gordyne na Andante uit. “Seblief, Dante. Vat hierdie een gou-gou weg. Anders raak ek van voor af verlief. En netnou beroof ek ’n bank op pad koshuis toe.” Haar oë brand. Hoekom het sy die ding ooit aangepas? Niks sal nou ooit mooi genoeg vir haar wees nie, dit weet sy vir ’n feit.

“En wat van die ander twee?” Andante staan met die rokke oor haar arm. “Jy het klaar betaal om hulle aan te pas.”

Elle knoop haar skoolhemp toe en stap uit. “Vat jy hulle. Gaan kyk of een van hulle vir jou werk. Toe?”

Andante huiwer. “Ek weet nie …”

“Andante, Andante,” paai Refi moederlik. “Wees ’n dapper muis en trek net een rok aan. Toe nou. Ons kan nie Elle se geld mors nie.”

“Maar ek kan nie hiervoor betaal nie!” Andante is skielik rooi in die gesig. “Ek kan nie!”

Elle skrik vir Dante se uitbarsting. “Goeiste, vriendin. Jy hoef niks te betaal nie. Maar wees ’n sport en gee vir Refi iets om te kritiseer. Ek vra mooi. Hierdie swart enetjie met die lang spleet.” Sy kry Dante aan die boarms beet en stuur haar beslis tussen die rooi gordyne deur. “Ons soek houding, meisie, houding.” Vir Refi maak sy groot oë.

Hulle sit tjoepstil vir Andante en wag, maar hulle hande praat kliphard. Vingertaal.

Wat gaan met haar aan? vra Elle se vingers vinnig.

Geen idee nie, spel Refi se vingers terug.

Die gordyn gaan stadig oop. Dante staan woordeloos voor hulle. Sy het haar poniestert losgemaak sodat die spiraalkrulle tot in die middel van haar rug hang. Die swart rokkie kleef soos ’n tweede vel aan haar. Dis delikaat, met fyn kristalle wat al langs die spleet af glinster, tot op die vloer.

“Snakasem.” Elle kan aan niks anders dink om te sê nie. Dante lyk soos iets op ’n duur tydskrif se voorblad, so half wild en onversorg, maar onweerstaanbaar. “Ek wens ek kon ’n foto neem. Dan sou ek en jy eendag, as ons met bewekoppies op Huis Kierieklapper se stoep sit, steeds na ons Stella Maas-rokkies kon kyk.”

Andante kyk grootoog na haarself in die spieël. Sy voel-voel met ligte vingers aan die kristalle langs die spleet af.

Andante, Andante, oh please don’t let me down!” Refi Kgabo gaan staan voor Andante, gooi haar arms wyd oop en sing met haar diep altstem die refrein uit die ou Abba-liedjie, die een na wie Andante se ma haar vernoem het. Die vrou by die deur spring op met haar vinger voor haar mond.

“Sjuut!” sis sy.

“Skuus, mevrou Williams. Dit is net dat hierdie rok en hierdie meisie vir mekaar bedoel is.” Die duiwels baljaar in Refi se oë.

“Dit is die perfekte rok om mee harp te speel,” sê Andante en gaan sit op ’n stoel. Die rok val weg so- dat haar een kaal been tot wie weet waar wys. “Hierdie spleet! Dis hoog genoeg om my harp die coolste instrument op die verhoog te maak.”

Elle gaan staan langs haar. “Jy en jou harp is klaar die witwarmste items in die orkes. Maar vergeet van hierdie rok, skattebol. Prof Sarkoff sluk sy adamsappel in as jy met dié een opstap. En as jy gaan sit, stort hy bo van sy podium af.”

Vir die eerste keer die middag lag Dante, al is dit net ’n vinnige giggel. “Arme ou Sarko. Reg, die koets gaan enige oomblik in ’n pampoen verander. Skuus, ek moet uit hierdie rok kom.” Dante draai skielik driftig om en ruk die gordyne agter haar toe.

Elle gee Refi ’n lang kyk. Wat is dit met Dante? Dalk met haar ma ’n uitval gehad? Die tannie is ’n opperste perfeksionis, so dis seker moontlik. Sy kan tog nie vir haar pa kwaad wees nie? Die lankmoedige oom karwei gedurig Andante se harp rond, nooit sonder ’n geduldige glimlag nie.

“Hei, Dants! Maak klaar. Ons moet by die skool kom. Ek en Refi moet oor presies vier-en-twintig minute in Bender se kantoor sit.” Elle kyk op haar horlosie en maak die somme in haar kop. “Moet ons vir jou wag?”

“Ek’s klaar. Ons kan gaan.” Die Andante wat die swart rok aan mevrou Williams teruggee, se hare is weer styf agter haar kop vasgebind en haar glimlag is selfs stywer. “Baie dankie, Mevrou.” Sy stap sonder omkyk uit.

Buite in die saal van St. Dominic is die ekspo nog in volle swang. Dosyne meisies en hul ma’s drentel van uitstalling na uitstalling, waar rokke van duur winkels en ontwerpers soos verbode lekkers hang.

“Volgende jaar moet ons sorg dat die ekspo by Gravitas is,” sê Refilwe. “Ek hou niks daarvan om by St. Dom rond te hang nie. Hulle is die vyand. My hande jeuk vir my hokkiestok as ek hier kom.”

Elle sit haar arm om Refi se skouers.

“Volgende jaar sal ons nie meer dansrokke soek nie, Refi. Dis die nuwe leerlingraad wat vir die ekspo sal moet baklei.”

Refi skud haar kop heftig. Die spuitfontein vlegseltjies klap Elle skrams deur die gesig. “Hamba, jy! Ek wil nie daaraan dink dat dit ons laaste jaar is nie. Ek wil net in die oomblik leef. Dis hoekom ek elke liewe dans gaan bywoon. En vir elkeen op my heel mooiste gaan lyk. Ek gaan die res van hierdie jaar gróót gaan. Makulu. Hipersuper-makulu.” Sy trek Elle aan haar hand. “Ons moet hardloop. Kom jy, Dante? Of gaan jy sommer huis toe?”

Dante volg ’n ent agter hulle. “Gaan solank. Ek kom ook skool toe. My harp is daar. Ek wil in die musiekkamer gaan oefen voordat almal môre terug is. Sarkoff sê die kompetisie gaan baie straf wees.”

Elle draai terug na haar. “Die Huberta Hobson is eers oor ’n maand, vriendin. Ek het heeltemal genoeg geoefen die vakansie.” Sy gee Refi ’n elmboog in die ribbes. “Dis nie net die hokkie-bokkies wat moes ure insit nie. Sarkoff het ons vir vyf dae aaneen soos slawe gedril. Kyk hoe lyk my vingers.” Sy sprei haar hand voor Refilwe se neus oop. “Die ene eelte.”

Dante trek net haar skouers op. “Wel ek móét oe- fen.” Sy kyk weg. “Want ek wil dit wen. Toe, laat julle weg wees.”

Refi en Elle draf ritmies saam. St. Dominic is net so twaalf minute se stap van Gravitas af. Met ’n vinnige pas kan mens die ses straatblokke in helfte van die tyd doen.

“Is dit net ek, of het Dante ’n makulu wintie geword? Wen, nogal?” Refi haal nie eens hard asem nie.

“Los haar,” hyg Elle. “Sy is ’n stresbol. En jy ken haar ma. Vir haar is dit ’n wen of niks.”

“As mislik wees, gaan punte tel, staan sy ’n goeie kans. Gaan jy nie ook deelneem nie?”

“Aan die Huberta?” Elle se bors brand. “Sarkoff karring aan my. Ek is gekeur en uitgenooi. Maar ek weet nie, Ref. Dis vir ’n musiekbeurs om in Milaan te gaan studeer. Vier jaar lank. Dis enorm.”

“En jou punt is?”

“Ek weet nie of ek dit wil wen nie.” Daar sê sy dit. Die ding wat Elle soos ’n klip in haar maag dra. Sy twyfel oor volgende jaar. Sy weet nie of sy en haar viool vir mekaar bedoel is nie. Soos in vir ewig en altyd nie.

Refi stop skielik dood in haar spore en pluk Elle aan haar mou tot langs haar. “Sê dit weer stadig. Ek dag daai viool is die liefde van jou lewe? Dis nou as Alex so ’n bietjie terugstaan.”

Elle sit haar hande op haar knieë. “Dis die ding,” sê sy uitasem. “Ek weet nie meer nie. Wil ek regtig vir die res van my lewe viool speel? As Alex oor sy kursus praat, dan blink sy oë. Ek hoor dit in sy stem. Hy leef sy passie. Dis soos ek ook wil voel. Ek lê wakker, Refi. Ek is nie meer seker nie. En Milaan? Dis vér …”

“Aha! Daar lê die knoop. Jy is vrek bang jy wen die kompetisie en dan is dit overs-kedovers. Ciao, Alex. Vier jaar in Italië? Aikôna. Jy sal voel soos die Jack Russell wat die bus gevang het. Jy sal nie weet wat om daarmee te maak nie.” Refi lag suur. “En arme Dante moet teen mense soos jy meeding.”

“Kom ons los dit net. Daar’s nie nou tyd vir derms uitryg nie. Bender wag.”

Bender wag, koggel haar binnestemmetjie. Jy wil net nie daaroor praat nie. Maar terwyl almal besig is om planne te maak vir volgende jaar, is jy besig om volstruis te speel. Kop in die sand. Jy beter rigting kry.

Sy kry rigting tot in haar koshuiskamer, trek gou ’n borsel deur haar krulle, draai hulle weer in ’n netjiese chignon agter op haar kop, spuit haar met lekkerruikgoed en glip haar baadjie aan. Eerste dinge eerste: Gravitas. Die tweede kwartaal lê soos ’n skoon bladsy voor haar. En sy het net één doelwit: om op te maak vir die tyd wat doktor Grimm uit Gravitas se lewe gesteel het.

Toe sy die kamerdeur toetrek, sien sy ’n beweging onder in die gang, die flits van ’n skaduwee teen die muur, net daar waar die tassekamer se inham is. Dit is seker iemand wat tasse kom bêre, dink sy en stap soontoe. Sy beter oopsluit sodat sy nie elke vyf minute gepla word wanneer die stormloop begin nie. Sy haal die sleutel van haar nek af. Maar onder haar hand swaai die deur saggies oop. Dit was nooit gesluit nie.

“Agge nee, Elle Kroon!” raas sy met haarself. “Jy is hopeloos. Jy’t vergeet om die één deur te sluit waarvan jy die sleutel dra.” Het dit heel vakansie oopgestaan? Sy stoot die deur groter oop. So ja. Sy sal toesluit sodra almal môre hulle tasse gebêre het.

Maar iets pla haar al die pad tot in Bender se kantoor.

Daar was iets anders aan die tassekamer. ’n Reuk. ’n Geur eerder. Die muwwe tassekamer het na rose geruik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS