Wendy_Maartens_Profiel

Skrywersprofiel: Wendy Maartens

Wendy het boeke, stories en feite nodig soos sy asem, stilte en baie stap seelangs nodig het.

KOOP HIER | BUY HERE

Jakkals en Wolf beleef hope avonture saam. Hulle vang vis, maak ’n draai in Boer se skaapkraal om ’n paar vet skape te probeer vang, en bou selfs saam-saam ’n huis. Maar die skelm Jakkals is gedurig besig om vir arme ou Wolf ’n streep te trek of nare poetse op hom te bak.

Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met die prettige avonture van Jakkals en Wolf. In hierdie fantastiese leesreeks vertel <st2:personname w:st=on>Wendy Maartens die klassieke stories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak.

Wendy Maartens is op Worcester gebore en het aan die Hoërskool Outeniqua op George gematrikuleer. Wendy het al twee keer die Camino de Santiago pelgrimsroete gestap en probeer elke dag om die gestroopte eenvoud van hierdie lewenswyse na te streef. Sy skilder graag, maak tuin, hou gereeld oggendvergadering met die voëls en span die skatte wat sy strandlangs versamel in om roerbeelde mee te maak wat weer as inspirasie vir haar skryfwerk dien.

Sy het in remediërende onderrig gespesialiseer en 22 jaar lank vir meestal graad 3-leerders skoolgehou. Vir 14 van dié 22 jaar, was Wendy op Stellenbosch waar die baie spesiale kinders van Cloetesville en Kayamandi haar deeglik in die universiteit van die lewe geskool het. Hulle het ook die eerste skryfsaadjies gesaai. In 2007 bedank Wendy om voltyds te skryf.

Die skrywerslewe

KOOP HIER | BUY HERE
Ontmoet van ons land se dapperste helde! Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, ’n klein brakkie met ’n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale: 1. ’n Klein brakkie met ’n groot hart Wollie was ’n hawelose Maltese poedeltjie met ’n groot hart – en hy het dit reggekry om ’n man se lewe te red. 2. ’n Reënboog vir Laingsburg In 1981 het vreeslike vloedwaters Laingsburg getref, en die heldedade van daardie dag leef vandag nog voort. 3. Desmond Tutu Desmond Tutu was ’n arm klein seuntjie wat later een van die grootste leiers in ons land se geskiedenis geword het. 4. Kaalvoet deur ’n oorlog Ontmoet ’n dapper seuntjie wat al die pad van die Vrystaat na die Kaap gestap het om sy ouers tydens die Anglo-Boereoorlog op te spoor. 5. Enoch Sontonga, ’n man met ’n lied in sy hart Die inspirerende lewensverhaal van die man wat “Nkosi sikelel’ iAfrika” geskryf het. 6. Die lang pad van Emilie Lehn Ontdek die verstommende verhaal van Emilie Lehn, wat as ’n slavin in Kaapstad gebore is. Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Wendy is ʼn skrywer, joernalis en dromer. Elke kinderboek wat sy skryf, gebeur op ʼn sekere tyd en plek in haar lewe – ʼn bevestiging dat sy deel van ʼn veel Groter Verhaal is. Die wete dat haar woorde soms wit klippies is wat ander help om ʼn pad in hul eie verhaal te vind, is ʼn dubbele vreugde. So ook die geskenk om elke oggend na die nag se omswerwinge na haarself terug te keer … met nuwe woorde.

Wendy tree ook as motiveringspreker op, lewer gereeld praatjies by skole en boekklubs en was van 2013 tot 2016 boekredakteur van die tydskrif Lééf. Sy het ook van 2014 tot 2017 as beoordelaar van Media 24 se M.E.R.-boekprys vir jeugliteratuur opgetree. Sy skryf ook gereeld rubrieke vir die tydskrif Lééf en is vir ʼn essay as ATKV-Woordveertjie-finalis benoem.

Die dag in graad twee toe Wendy se bruin karton skooltas in een van Worcester se leivore oopgaan, het sy besef dat haar hele menswees om boeke draai. Dit is opgelê in die manier waarop daardie swart lettertjies in gelid oor die bladsye marsjeer. Die ekstase van ʼn splinternuwe skoon oop bladsy wanneer mens omblaai om verder in ʼn skoolboek te skryf. Selfs die manier waarop Wendy se wiskundeboek die geur van die geelperske in haar tas kon absorbeer.

KOOP HIER | BUY HERE

Jakkals en Wolf beleef hope avonture saam. Hulle vang vis, maak ’n draai in Boer se skaapkraal om ’n paar vet skape te probeer vang, en bou selfs saam-saam ’n huis. Maar die skelm Jakkals is gedurig besig om vir arme ou Wolf ’n streep te trek of nare poetse op hom te bak.

Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met die prettige avonture van Jakkals en Wolf. In hierdie fantastiese leesreeks vertel <st2:personname w:st=on>Wendy Maartens die klassieke stories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak.

Wendy het boeke, stories en feite nodig soos sy asem, stilte en baie stap seelangs nodig het. Die Latynse oorsprong van haar naam beteken nie verniet “wandelstaf” nie. In haar geval is dit ʼn houtwandelstaf. Wendy leef eenvoudig en met min gadgets: ʼn mandjie om mee winkel toe te stap, ʼn lappie grond om te spit en te plant en kaalvoet haar gesig na die son te draai, ʼn stoep om met ʼn biesebesem te vee, ʼn tweedehandse rocking chair waarop sy soggens haar oggendkoffie drink en saans kyk hoe die son ondergaan.

Wendy dra nie ʼn horlosie nie. Sy het lank gelede doelbewus besluit om nie te facebook, twiet of Instagram te gebruik nie. Om stil en stadig te leef sodat sy haar gedagtes behoorlik kan hoor, is belangriker. Wendy het nie DSTV nie en die TV word selde aangeskakel. Sy hou dagboek met pen op papier waarop woorde wegwysers soos klippies op haar pad is.

Wendy Maartens

Wendy meen haar rykdom lê in haar ry outydse blikgieters, die watertenk waaruit sy hulle volmaak, die tuinvoëls wat sy elke oggend voer, ʼn ingelegde vy op ʼn sny vars brood, papawers en kosmos wat sommer so vanself opslaan. Blou trompettertjies en geel susannas wat deur die diefwering vleg. En in haar Vader, wat haar ʼn tweede kans op hierdie lewe gegee het, se onbeskryflike Genade.

KOOP HIER | BUY HERE

In hierdie pragtig geïllustreerde boek het meester-storieverteller Wendy Maartens 33 klassieke stories bymekaargemaak wat al eeue lank in verskillende lande vertel word. Daar is stories uit elke uithoek van die wêreld – van Duitsland tot Denemarke, Italië tot Israel, Egipte tot Groenland.

In this beautifully illustrated book, master storyteller <st2:personname w:st=on>Wendy Maartens has collected 33 classic tales that have been told for centuries in different countries all over the world. There are stories from every continent – from Italy to Israel, Germany to Greece and China to Ceylon.

Die ding van stories is dat Wendy dit nie kies nie. Die stories kies háár. Net soos haar kat, Pieternella, en papegaai, Lenie Blou, sommer net eendag opgedaag het en gekom het om te bly. In ʼn sekere manier, meen Wendy, sal sy seker ook nooit juffrou-wees afleer nie. Deur met skoolkinders te werk, kon Wendy voorberei op die werk wat sy nog altyd wou – haar brood met woorde verdien.

Gepubliseerde werke

Wendy het ʼn passie vir eg Suid-Afrikaanse legendes, volksrympies, heldeverhale en verhale wat kinders in moeilike sosio-ekonomiese omstandighede help om hulleself te bemagtig. Dit gee haar oneindige vreugde om ʼn volksverhaal of legende te soek en vir kinders sowel as volwassenes te laat herleef. Wendy glo ʼn mens vind makliker jou weg as jy deur verhale leer waar jy vandaan kom. Ook dat Suid-Afrikaners mekaar se harte kan leer verstaan as elkeen mekaar se stories leer ken. Daar is nie ʼn meer passievolle Suid-Afrikaner as Wendy nie. Sy wéét ons kan hierdie wonderlike land maak werk – een storie, een hart op ʼn slag.

KOOP HIER | BUY HERE
Maak kennis met ’n paar van die bekendste spoke in Suid-Afrika! 
Die spookmeisie van Uniondale wat sommige nagte langs die pad staan en duimgooi... 
Die beeldskone maar hoogmoedige Eliza wie se gehuil glo nog steeds op maanligaande deur die klowe van die Hexriviervallei weerklink ... 
Die Wandelende Jood wat glo snags op die pad tussen Beaufort-Wes en Prins Albert ronddwaal en motoriste die skrik op die lyf jaag ...
Die spookhond van Aliwal-Noord wat plaasbewoners koue rillings gee ..
En die onverskrokke seekaptein Hendrik van der Decken, wat steeds aan boord van die Vlieënde Hollander oor die oseane swerf ... 

Of jy in spoke glo of nie, die 18 verhale wat Wendy Maartens in hierdie bundel oorvertel, sal jou heerlike hoendervleis gee!

Haar storiebundels word gereeld op RSG voorgelees en talle van haar verhale is in Maskew Miller se jongste reeks skoolhandboeke opgeneem. Haar eerste dagstukkieboek Dagstukkies vir klein hartjies het onlangs verskyn.

Sy het tans 51 kinderboeke op haar kerfstok. Lena se bottelboom was op Exclusive Books se Publisher’s Choice-lys, het eervolle vermelding by die Noma Awards for Publishing in Africa gekry en was `n ATKV-Woordveertjie finalis. Vier van haar kinderboeke is in Engels, Xhosa en Zoeloe vertaal. ‘n Volledige lys van al Wendy se titels kan hier gekry word: www.wendymaartens.co.za

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS