Fanie Viljoen

Skrywer Inspirasie: Fanie Viljoen

KOOP HIER | BUY HERE
Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het ’n humeur soos ’n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op ’n dag besluit hy om vir hom ’n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is ’n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag ’n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly?

Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen ’n huishoudelike naam gemaak. Fanie het in Welkom grootgeword. Hy het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook ’n illustreerder en visuele kunstenaar. Van sy skilderye het ‘n tuiste gevind in Amerika, Australië, Kanada en Brittanje. Sy boeke Betower en Afkop was naaswenners in twee van LAPA se jeugromankompetisies, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm.

Fanie het gesels saam met Heino du Plessis oor sy nuwe boeke Pieksel en die vier nuwe Klein boek van-reeks: Gruwelike geheime, Katastrofiese kattekwaad, Fantastiese feite en reuserekords.

Kliek hier vir die volledige onderhoud.

Kliek hier vir Fanie se volledige reeks boeke.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS