Vis en tjips met jogurtsous

by Lapa Redakteur 0 Comments

BESTANDDELE VIS EN TJIPS uit CLOVER Gunsteling SA kos:

310 ml (1¼ k) koekmeel
knippie sout
75 ml (5 e) CLOVER-volroommelk
15 ml (1 e) water
1 eier
100 ml (6 e + 2 t) bier
500 g (1 pak) visfilette
750 ml olie vir braai Tjips
750 g (1 pak) bevrore slaptjips

Jogurtsous
125 ml (½ k) CLOVER Classic-ongegeurde jogurt
15 ml (1 e) Dijon-mosterd
60 ml (4 e) mayonnaise
swartpeper na smaak
½ ui, fyngekap
handvol vars pietersielie, fyngekap

METODE:
1. Meng die koekmeel en sout in ’n mengbak.
2. Klits die melk, water en eier saam en roer die bier by.
3. Giet ’n bietjie van die melkmengsel by die meel en roer tot ’n dik beslag vorm. Roer die melkmengsel bietjie vir bietjie by tot glad. Bedek die beslag en laat dit 20 minute staan.
4. Verhit genoeg olie in ’n braaipan. Voorverhit intussen die oond tot 200 °C.
5. Doop die visfilette in die beslag en braai dit ongeveer 5 minute aan elke kant.
6. Plaas dit op kombuispapier om die oortollige olie te absorbeer. Tjips
7. Versprei die bevrore tjips op ’n bakplaat en bak dit 20 minute lank tot goudbruin buiteom, of volg die aanwysings op die agterkant van die verpakking. Jogurtsous
8. Meng al die bestanddele goed saam.
9. Sit die vis en tjips warm voor saam met die jogurtsous.

Leave a reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>