Sjokoladefondant

SJOKOLADEFONDANT uit Smeul

BESTANDELE
Kors
90 g donker sjokolade, gesmelt
30 ml gesmelte botter
500 ml sjokoladekoekiekrummels

Vulsel
300 g donker sjokolade
200 g botter
2 groot eiers
2 groot eiergele
60 g strooisuiker
kakao om oor te sif
geklitste room,
wit roosblare en
kruisementblare

METODE:
1.Kors: Meng die sjokolade, gesmelte botter en koekiekrummels.
2. Druk dit vas in ’n mooi tertpan en bak vir 10 minute.
3. Vulsel: Smelt die sjokolade en botter saam oor lae hitte en laat dit afkoel.
4. Klits die eiers, eiergele en strooisuiker tot lig en die suiker gesmelt het en vou dit by die sjokolade in.
5. Bak die tert vir 10 minute of minder. Die vulsel moet in die middel nog sag wees. Laat dit afkoel en verkoel.
6. Sif kakao mildelik oor en bedien dit met room, wit roosblare en kruisementblare.

Leave a reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>