Pampoenkoekies

BESTANDELE:

500ml gaar pampoen, fyngedruk
125ml koekmeel
5ml bakpoeier
knippie sout
2 eiers
olie vir vlakvetbraai
kaneelsuiker

METODE:

1. Meng die fyn pampoen, meel, bakpoeier, sout en eiers. Die beslag is slap.
2. Maak ’n bietjie olie in ’n braaipan warm en skep lepels vol van die beslag daarin. Braai dit eers aan die een kant bruin en dan aan die ander kant.
3. Dreineer die pampoenkoekies op kombuispapier voordat dit in ’n opdienbak gesit word.
Strooi kaneelsuiker oor.

Leave a reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>