Oreo-kaaskoek

by Lapa Redakteur 0 Comments

Oreo-kaaskoek uit Soettand

Oreo-kaaskoek uit Soettand

KORS:
2 x 176g-pakkies Oreo-koekies
45ml gesmelte botter

VULSEL:
500g roomkaas
80ml strooisuiker
125ml suurroom
2.5ml sout
5ml vanieljegeursel
1 eier
1 x 176g pakkie oreo-koekies, grofgekap

VERSIERING:
125ml suuroom
kakao

METODE:
1. Voorverhit die oond tot 160 grade en smeer ‘n 20 cm losboomkoekpan
2.KORS: Meng die koekies en gesmelte botter in ‘n voedselverwerker en pols tot alles goed gemeng is. Druk die kors op die bodem van die pan vas en bak dit vir 10minute.
3. VULSEL: Klits die roomkaas, strooisuiker,suurroom, sout, vanieljegeursel en eier saam in ‘n mengbak. Skep die vulsel op die voorbereide kors. Strooi die helfte van die gebreekte koekies oor die vulsel en vou dit versigtig in.
4. Bak die kaaskoek vir 1uur 15min of tot gaar maar nog nie heeltemal gestol in die middel nie. Skakel die oond af, maak die oonddeur op ‘n skrefie oop en los die kaaskoek in die oond om af te koel.
5. Plaas die kaaskoek in die yskas sodra dit heeltemal afgekoel het in die oond en verkoel dit vir ‘n paar uur.
6. VERSIERING: Skep van die suurroom op die koek, strooi van die kakao oor en rond die koek af met die oorblywende gekapte koekies.

Leave a reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>