Mikrogolfoond – sjokoladekoek

by Lapa Redakteur 0 Comments

Mikrogolfoond-sjokoladekoek uit Soettand

Mikrogolfoond-sjokoladekoek uit Soettand
Lewer 1 koek

180 ml (¾ k) botter
190 ml donkerbruinsuiker
175 g bruismeel
3 eiers
180 ml (¾ k) kakaopoeier
250 ml (1 k) melk of ongegeurde jogurt

VULSEL
75 g botter
175 g versiersuiker
50 g donkersjokolade, gesmelt
15 ml (1 E) melk

VERSIERING
kakaopoeier
vars bessies
gekapte sjokolade
’n paar kruisementblare

METODE

1. Smeer een mikrogolfbestande koekpan en voer die bodem met bakpapier.
2. Room die botter en die suiker saam tot glad. Klits die eiers een vir een by.
3. Sif die meel en die kakaopoeier saam, vou dit in die bottermengsel in en wissel dit af met die melk of jogurt.
4. Skep die mengsel in die voorbereide koekpan. Plaas dit op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfoond op ”hoog” vir 8 minute of tot die koek van die kante af trek, maar nog vogtig is binne.
5. Laat staan die koek vir 1 minuut en keer dit uit. Ver-wyder die bakpapier en laat die koek afkoel. Sny die koek horisontaal in twee dele.

6. VULSEL:
Room die botter en suiker saam tot sag. Klits die gesmelte sjokolade en melk deur en smeer dit oor die onderste helfte van die koek. Plaas die ander helfte bo-op.
7. VERSIERING:
Strooi kakaopoeier oor die bokant van die koek en versier met die vars bessies, gekapte sjokolade en kruisementblare.

Leave a reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>