Hoenderhappies

by Lapa Redakteur 0 Comments

Hoenderhappies uit 50 Hoendergeregte

 

BESTANDELE:
600 g hoendermaalvleis
10 ml kerriepoeier
5 ml gerookte paprika
10 ml hoenderspeserye
250 ml graanvlokkiekrummels
80 ml kanola-olie

METODE:
1. Meng die hoendermaalvleis, kerrie, paprika, hoenderspeserye en die helfte van die graanvlokkiekrummels in ’n mengbak.
2. Rol ongeveer 30 ml van die maalvleismengsel in ’n balletjie. Herhaal met die res van die maalvleis en hou eenkant.
3. Strooi die res van die graanvlokkiekrummels op ’n bord en rol die maalvleisballetjies daarin.
4. Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die happies in sarsies vir 4-5 minute. Draai die happies gereeld om sodat dit egalig gaar word.
5. Plaas die happies op kombuispapier sodat die oortollige olie kan dreineer.
6. Bedien saam met soetrissiesous.

Leave a reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>