Crunchies uit Soettand

Crunchies uit Soettand

BESTANDELE:
4 x 250 ml hawermout
750 ml (3 k) klapper
375 ml (1½ k) suiker
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) fyn kaneel
2,5 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) botter
45 ml (3 E) gouestroop
60 ml (¼ k) melk
10 ml (2 t) koeksoda

METODE:
1. Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.
2. Meng die hawermout, klapper, suiker, koekmeel, kaneel en sout saam in ’n mengbak.
3. Meng die botter en gouestroop in ’n kastrolletjie en smelt oor lae hitte. Laat dit vir 5 minute afkoel.
4. Voeg die koeksoda by die melk en meng goed tot die koeksoda opgelos het.
5. Voeg die melkmengsel en die afgekoelde bottermengsel om die beurt by die droë bestanddele en meng dit goed saam.
6. Druk die mengsel stewig in die voorbereide bakplaat vas en plat dit af met ’n koekroller.
7. Smelt die botter, stroop en koeksoda oor lae hitte.
8. Plaas die bakplaat op die middelste oondrak en bak vir 25-30 minute tot goudbruin. Indien die skurwejantjies te bruin bak kan jy foelie bo-oor plaas na die eerste 15 minute se baktyd.
9. Verwyder uit die oond en sny dit in blokkies met ’n skerp mes terwyl dit nog warm is. Laat die koekies heeltemal op die bakplaat afkoel en verwyder dit.

Leave a reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>