Sjokolade, grondboontjie en karameltert

by Lapa Redakteur 0 Comments

Sjokolade, grondboontjie en karameltertSjokolade, grondboontjie en karameltert

UIT: Marilyn kuier en kook! Genoeg vir 10-12 BESTANDELE: 250 g sjokoladekoekies van jou keuse
125 g botter, gesmelt
380 g karamelkondensmelk
125 ml ongesoute grondboontjies, grofgekap
360 g donkersjokolade, fyngekap
160 ml room


METODE:

1. Maak die koekies in ’n voedselverwerker fyn en voeg die botter by. Roer tot goed gemeng.
2. Gebruik die agterkant van ’n metaallepel om die koekiemengsel eweredig oor die bodem van ’n 28 cm-losboomtertpan te versprei. Bedek die krummelkors met kleefplastiek en laat dit vir 30 minute in die yskas staan.
3. Meng die karamelkondensmelk en grondboontjies in ’n mengbak. Smeer dit versigtig oor die kors.
4. Plaas die sjokolade in ’n hittebestande bak.
5. Verhit die room stadig tot dit begin prut en giet dit oor die sjokolade. Roer die roommengsel tot die sjokolade smelt en die mengsel glad is.
6. Smeer die sjokolademengsel oor die karamel. Plaas die tertpan op ’n groter bord en laat dit vir ongeveer 1 uur in die yskas staan sodat dit kan stol.

Leave a reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>