Trooskos

Resep uit: Trooskos

BLATJANGHOENDER

KOOP HIER | BUY HERE
Trooskos vir swaar tye! Geen meer wegneemetes of Uber Eats nie, geen meer mikrogolfdis wat jy vinnig ná werk kan oppik nie. Nou is dit net jy, jou volgepakte spens en jou gesin se honger oë... Hier is 14 smullekker trooskosresepte wat jou en jou gesin van Covid-19 en inperking sal laat vergeet. Ons voorouers het hierdie resepte gemaak in tye van oorlog, swaarkry en depressie om almal se gemoed te lig. Doen dieselfde en koester jouself en jou gesin deur elke dag een van dié heerlike troosdisse op te tower. Die 14 resepte is ’n keur uit die gewilde boek Clover Onthoukos (LAPA, 2018).

Bestanddele

  1. Ekstra CLOVER Mooi River-botter om mee te smeer
  2. 8 tot 10 hoenderporsies
  3. Sout en peper na smaak
  4. 50 g (1 pakkie) bruinuie-soppoeier
  5. 250 ml (1 k) kookwater
  6. 250 ml (1 k) blatjang
  7. 250 ml (1 k) CLOVER Cream O’Naise

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smeer ‘n oondvaste bak goed met botter.
  3. Geur die hoenderstukke met sout en peper. Pak die hoenderstukke in die bak.
  4. Meng die soppoeier en kookwater tot glad.
  5. Roer die blatjang en Cream O’Naise by die sop tot goed gemeng.
  6. Skep die mengsel oor die hoender. Bedek die bak met die deksel of met foelie.
  7. Bak vir 1½ uur. Verwyder die deksel/foelie en laat verbruin onder die oondelement.
  8. Sit warm voor saam met rys.

Lewer 6 porsies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS