Onderhoud met Ciska Olivier

by LAPA Uitgewers 0 Comments

1. Wat staan nie in jou biografie nie, wat jy voel lesers ook van jou moet weet?
Ons hou van dress-up parties en bietjie uithaak.

2. Wat is die vernederendste oomblik in jou lewe gewees?
Toe ek op skool by ’n sokkie op ’n stoel moes klim (kan nie eens onthou hoekom nie), my romp vasgetrap en neergeslaan het voor almal.

3. Wat is die eerste boek wat jy gelees en wat is die mees onlangse boek wat jy gelees het?
1ste boek: Adrenalien – Leon van Nierop (gevolg deur Ena Murray se hele reeks)
Onlangse boek: Jy is myne alleen – Petronel Louw

 

 

Proestukkie: Net myne deur Susan Olivier

by LAPA Uitgewers 0 Comments

Net myne deur Susan Olivier

“Dis Human. Net so sexy soos Francois, maar hy val nie in my smaak nie. Te arrogant. Te seker van homself. Dink hy is beter as ander. Ek staan in elk geval nie ’n kat se kans by hom nie. Daar is gewoonlik nie staanplek naby hom nie. Soos jy sien, is hy altyd omring deur meisies. Francois sê dis ’n pyn om saam met hom uit te gaan. Wildvreemde meisies sluit ongenooid by die geselskap aan. Daarom kuier ons nooit saam nie.” Mariaan se mond trek in ’n snedige lyn. “Die blondekop-ou is Ciska se toyboy. Hy is so oud soos Human.” Sy beduie na voor. “Ek gaan nader beweeg.”
“Netnou jaag hulle jou weg as julle jou sien.”

Onderhoud met Leandra Naudé

by LAPA Uitgewers 0 Comments

Leandra Naudé skrywer van ‘Reis deur die hart’ vertel vir ons bietjie meer oor skrywers en boeke waarvan sy hou!

– Watter drie skrywers se boeke sal jy graag met vakansie wou saamneem?
Nora Roberts, Chanette Paul en Diana Gabaldon.

– Watter drie skrywers het jou die meeste beïnvloed?
Eleonor Baker, Chanette Paul en Dalene Matthee.

-Wat is die interessantste boek wat jy hierdie afgelope jaar gekoop het?
“The Book Thief” deur Markus Zusak.

-Wat is jou vyf gunstelingboeke ooit?
Net vyf??? “Verspeelde werklikheid” deur Eleonor Baker, “Kringe in die bos” deur Daleen Mathee, Die Arkady Renko-reeks van Martin Cruz Smith, “If tomorrow comes” van Sidney Sheldon, “Lord of the Rings” van J.R.R. Tolkien en die Harry Potter-reeks deur J.K. Rowling en dan ook die Will Trent-reeks van Karen Slaughter.

Proestukkie uit ‘Nuwe drome’

by LAPA Uitgewers 0 Comments

Isao Keyser se glimlag laat dieselfde warm lamheid van netnou deur Katja se lyf stroom, hierdie keer net heftiger.

“Ek kon nie help om jou pragtige glimlag van die verhoog af raak te sien nie. Dis net so betowerend soos Julia Roberts s’n in ‘Pretty Woman’.”

Katja voel ’n gloed teen haar nek vlam vat.

“Ek … o, baie dankie.” Sy voel lus om haarself te skop. Wat moet die man van haar dink?

Sy klink soos ’n bakvissie. Isao maak ’n effense buiginkie. “My plesier. Dis nie ’n pickup line nie, hoor. Jy lyk werklik baie soos Julia Roberts.”

Mev. Sarie Vermaak – 57 jaar lank al deel van ons liefdesverhaleklub

by Lapa Redakteur 0 Comments

Mevrou Sarie Vermaak was net 22 jaar oud toe sy 57 jaar gelede by die destydse Eike-boekklub aangesluit het, toe LAPA Uitgewers nog JP van der Walt & Seun was. Sedertdien ontvang sy maandeliks ’n boekpakkie met liefdesverhale van ons. Haar pragversameling boeke word gehuisves in haar eie kamer in haar plaashuis en die totaal staan al ver oor die 1 300-kerf.

Sy put genot uit die feit dat sy die boeke oor en oor kan lees. “Soms lees ek weer ’n verhaal en dan is dit vir my nuut, so lekker, asof ek dit weer vir die eerste keer lees,” vertel sy. Haar versameling boeke vertel die geskiedenis van die liefdesverhaal oor meer as vyftig jaar. Van die destydse hardebandboeke waar Susanna M. Lingua onder haar gunstelinge tel, tot by vandag se sagteband-Romanzas waar Dina Botha ’n spesiale plekkie in haar hart het.

Sy woon op ’n plaas naby Potgietersrus (Mokopane) en al is sy reeds 79 jaar oud, ken sy geen rus nie. Daar word steeds op die plaas geboer met onder andere blomme en skape. Sy kook gereeld konfyt en is tans besig om haar rotstuin oor te doen. En, sê sy, ons moet tog almal onthou dat ’n klein bietjie botter by die konfyt keer dat dit oorkook.

Proestukkie uit ‘Liefde tussen die duine’ deur Ilze Beukes

by Lapa Redakteur 0 Comments

Liefde tussen die duine – Ilze Beukes Hy sluit die kamerdeur oop, stoot dit wyd oop. Sit hulle bagasie binne neer. Haar oë word groot, want dit lyk na ’n kamer vir ’n getroude paartjie, ’n pasgetroude paartjie. Daar is selfs ’n bos bloedrooi rose en ’n bottel sjampanje op ’n wit gedekte tafeltjie. Haar hart klop hard teen haar borskas. Sy draai om en kyk na hom. Sy oë vonkel. “Ek kan nog ’n kamer bespreek. Ons het die eindstreep behaal, die keuse is nou joune.” Sy trek hom aan die voorkant van sy T-hemp by die deur in. Druk die deur toe met haar ander hand en sluit dit. Dit is aanmoediging en genoeg van ’n antwoord sodat hy haar opraap en dieper die kamer instap. “Droomvrou,” fluister hy in haar nek voordat hy haar lippe vir die soveelste keer opsoek. Hy kyk diep in haar oë. Sy voel sy liefde voordat hy die woorde sê. “Ek is lief vir jou. Vir ewig en altyd.” “En ek vir jou! Vir ewig en altyd.”

Onderhoud met Frenette van Wyk

by Lapa Redakteur 0 Comments

Geliefde Rebel is Frenette van Wyk se 22ste boek en tweede SuperRomanza by LAPA Uitgewers en nou weet ons presies wat aangegaan het agter die skerms tydens die skryf van haar jongste liefdesverhaal.

Geliefde Rebel is Frenette van Wyk se 22ste boek en tweede SuperRomanza by LAPA Uitgewers en nou weet ons presies wat aangegaan het agter die skerms tydens die skryf van haar jongste liefdesverhaal.

Na die skryf van 20 Romanzas het ons gewonder hoekom Frenette besluit het om die sprong te maak na die skryf van SuperRomanzas, wat heelwat langer stories is. Haar antwoord was dat die dikker boeke vir haar ’n nuwe uitdaging is. Sy sê: “Die langer romanses bied baie meer geleentheid om die karakters en hulle verhouding te laat ontwikkel. Dit neem heelwat langer om SuperRomanzas te skryf in vergelyking met die korter romanses, maar dat die stories ’n bietjie meer om die lyf het en is ryker.” Sy bieg dat sy graag self ook eerder dikker boek lees as die blitsiges wat ’n mens in ’n paar uur kan verslind.

Vakante pos: Produksie-assistent: Niefiksie, LAPA Uitgewers

ATKV-LAPA (Pretoria)

Produksie-assistent: Niefiksie, LAPA Uitgewers

 

Die ATKV-Groep is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse kultuurorganisasie en het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde en dinamiese persoon om as Produksieassistant: Niefiksie by LAPA Uitgewers in Pretoria diens te verrig.LAPA Uitgewers is ’n volfiliaal van die ATKV-Groep.

Die ATKV-Groep volg ’n gelyke-indiensnemingsbeleid.

Algemene vereistes: