Featured_Image_LAPA_Nuut_Op_Die_Rak_Julie_2019

Nuut by LAPA: Julie 2019

Daar wag lekker leesstof op jou in hierdie koue maand. Lees jouself warm met Romanza, of kook heerlike bederf uit ons Teepartytjie (Royal Tea Party) van Clover, of geniet die kinderboeke saam met die jongspan voor ’n knetterende kaggelvuur, of onder ’n snoesige kombers.


KOOP HIER | BUY HERE
’n Plaaslike spioenasie wipplankrit. Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro’s van Rossetenville, het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil… Dit het alles begin met die kaping van die passasierskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert, waarvoor almal bereid is om te moor? Robert sal enige-iets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is. Hy het dus geen keuse om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg? Net tyd sal leer… Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, ’n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook ’n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Scheider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het. Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?

Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil…

Dit het alles begin met die kaping van die passasierskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? Wat van die Russe; waar pas hulle in?

Robert sal enige iets doen om sy vrou op te spoor; hy vermoed immers dat sy bevelvoerder meer van haar weet as wat hy wil voorgee.

Intussen vind die menseslagting by Sharpeville plaas. Robert bevind homself in ’n al hoe groter morele dilemma: Moet hy kies tussen sy geloof en sy werk? Watter keuse sal hom nader aan die waarheid bring rakende sy vrou se verdwyning?

Soos in enige goeie spioenasieverhaal besef die leser en die hoofkarakter gou dat moraliteit vervlietend en vaag is. Ook dat omdraai onmoontlik is wanneer jy reeds die donker aangedurf het.

Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, ’n Britse SIS-agent ontmoet. Saam moet hulle Ursula Scheider, ’n gehate terroris, vas te trek.

André Krüger is ’n spioenasieskrywer in ’n ander klas. Dit sit nie in enige ou se broek (boek) om deur Joan Hambidge geprys te word vir ’n “uitstekende debuut” nie. Sy eerste roman, Die twee lewens van Dieter Ondracek, is in 2013 bekroon met die UJ-prys vir beste debuutwerk.

Oor sy tweede, Komplot, skryf Kerneels Breytenbach: “’n Meevoerende, groots-opgesette roman uit die era van die koue oorlog. Afrikaanse spannings- en spioenasieverhale sal nooit weer dieselfde wees nie.” Is jy reg vir ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid?


KOOP HIER | BUY HERE
’n Storie van begin, weer begin en óórbegin ... Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man reg in eie hande neem, ’n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, en daarna pers hy haar af om hul blonde krulkopdogtertjie af te teken. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, ’n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar op haar voete help. Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat ’n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en wéér probeer, en dat die liefde nie wag op ’n uitnodiging nie, maar hom ongenooid tuis maak wanneer hy so voel. Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter, maar Mignon is gebroke, verslae en sonder ’n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe, maar sal haar verhouding, en die dorp se kalm ekwilibrium Mignon se donkerte kan absorbeer? Hoe is dit dan dat sy nie die bedorwe, depressiewe entjie mens wat net soos sy lyk, herken nie? Skuldgevoelens en verwyte verteer ma en dogter en dreig om hulle te verswelg. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of dalk binne Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om ’n restaurantkoninkryk te vestig? Mignon ontdek dat sy meer is as die lappop wat haar pa geskep het en dat sy in staat is om lief te hê en liefgehê te word. Vergifnis word onvermydelik en die verlede se donker geheime verloor hul krag.

Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man die reg in eie hande neem, ’n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, dan haar blonde krulkopdogtertjie. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, ’n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar weer op die voete help.

Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat ’n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en weer probeer.

Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter.

Mignon is gebroke, verslae en sonder ’n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe. Skuldgevoelens en verwyte verteer ma én dogter. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of lê die lig dalk in Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om ’n restaurantkoninkryk te vestig?

Mignon ontdek dat sy meer is as ’n lappop én dat sy in staat is om lief te hê.

Die lewe vir beginners is ’n storie oor heel word – van begin en weer begin en óórbegin.

Hoewel die roman ernstiger is as die skrywer se vorige werke, is dit deurspek met Bergenthuin se heerlike sin vir humor en deernis. Dié boek, wat kort na die Steinhofskandaal verskyn, illustreer die impak wat so ’n korporatiewe skandaal op die familielede van die aandadiges het.


KOOP HIER | BUY HERE
Koninklike resepte vir ’n koninklike teepartytjie Clover nooi jou hartlik uit na ’n heerlike teeparty… soos nét die koninklikes dit kan doen! In Clover Koninklike Teepartytjie deel Clover 55 smaaklike resepte vir al daardie lekkernye wat op jou teetafel behoort te pronk. Van botterbroodjies met dekadente room en konfyt, tot veerligte sponskoek en elegante southappies. Die fotografie sal jou mond sal laat water en jou inspireer om jou voorskoot aan te trek, terwyl die Soveel Beter Clover-produkte, wat jy heel waarskynlik reeds in jou kombuis het, flatervrye resultate sal verseker! So, sit jou beste stringetjie pêrels aan en trek jou porselein-teepot nader, want te danke aan Clover Koninklike Teepartytjie, het jy ’n teeparty om te beplan.

Jy’s trots Suid-Afrikaans, maar ken die name van al Harry en Kate se kinders?

Jy kuier graag in Afrikaans, maar swymel oor fyngebak?

Dan is daar ’n koninklike boek wat net reg is vir jou kombuis. In Clover Teepartytjie deel ons 55 smulresepte vir al daardie lekkernye wat op jou teetafel behoort te pronk as jy wil uithaal. Ons help jou om botterbroodjies met dekadente room en konfyt te skep, ons deel die geheim van ’n veerligte sponskoek en vertel als oor die beste, elegante southappies Suid van die ewenaar.

Die fotografie sal jou mond laat water en jou inspireer om jou voorskoot aan te trek. Die Clover-produkte, wat jy heel waarskynlik reeds in jou kombuis het, sal jou help om flaters te voorkom.

Nooi jou vriendinne, sit jou beste stringetjie pêrels om jou nek en maak jou porseleinteepot warm. Jy mag nou wel Afrikaans wees, maar jy het ’n koninklike teeparty om te beplan.

KOOP HIER | BUY HERE
Royal recipes for a royal tea party Clover cordially invites you to a delicious tea party… in true royal fashion! In Clover Royal Tea Party, Clover shares 55 tasty recipes for all those teatime treats that should feature on your table. From scones with decadent cream and jam, to feathery light sponge cake and elegant savoury treats. The mouthwatering recipes – all beautifully photographed – will inspire you to put on your apron, while the Way Better Clover products, which you’re likely to already have in your kitchen, will ensure fail-proof results. So, put on your best pearl necklace and get out your porcelain teapot, because thanks to Clover Royal Tea Party, you’re about to host a tea party on a royal scale.

Clover cordially invites you to a delicious tea party in true royal fashion!

In Clover Royal Tea Party, Clover shares 55 faboulous recipes for all those delicious tea-time treats fit for a queen. We bring you anything from scones with decadent cream and jam, to a feathery light sponge cake and, off course, there are elegant savoury treats.

These beautifully-photographed recipes will inspire you to put on your apron, while the Clover products, which you are likely to already have in your kitchen, will ensure results.

Bake up a storm, put on your best pearl necklace and get out your porcelain teapot. Thanks to Clover Royal Tea Party, you would be able to invite any duke or duchess to tea.

Pinkies up!


KOOP HIER | BUY HERE
Emma is vasbeslote – dié vakansie gaan sy ’n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Toe sy nie lank nie na hul aankoms by Jeffreysbaai ’n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinniger. Emma ontdek boonop ’n boek wat stap vir stap verduidelik hoe om ’n ou se hart te wen en sy besluit om die uitdaging te aanvaar ... Sy gaan die boek se raad volg en die beste vakansieromanse ooit hê! Wat kan verkeerd loop?

Emma is vasbeslote – dié vakansie gaan sy ’n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik en sal haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie.

Toe sy kort na hul aankoms by Jeffreysbaai ’n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinniger. Emma ontdek boonop ’n boek wat stap vir stap verduidelik hoe om ’n ou se hart te wen en sy besluit om die uitdaging te aanvaar. Sy gaan die boek se raad volg en die beste vakansieromanse ooit hê!

Wat kan verkeerd loop? In 2017 is Annabel Allers se debuutroman, Kupido.com, gepubliseer. Dit was ’n groot lekkerte. Dié een sal ook wees!


Stella was nog altyd die eenkantkind in die familie. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water, alhoewel sy geboei is daardeur.

Vir Stella is die grootste raaisel haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella ’n hangertjie gegee wat “die belofte van die see” genoem word? Niemand kan vir Stella antwoorde gee nie. Haar pa is te hartseer en haar ouma se geheue versleg.

Dit is net deur die see te trotseer dat Stella regtig die antwoord op haar grootste vraag kan kry: Was haar ma ’n meermin?

Die meisie wat gedink het haar ma is ’n meermin is ’n aangrypende verhaal oor gesinne, verlies, vriendskap en ontdekking. Tania Unsworth meng fantasie en realiteit op ’n boeiende, poëtiese wyse wat steeds ’n vinnige pas handhaaf vir jong lesers. Hierdie boek sal enige leser, van elf tot baie oud, meesleur met dieselfde magiese, emotiewe krag as die oseaan.


Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskoolonnie, mevrou Moerdyk, het ’n humeur soos ’n dreigende donderstorm. Vossie het niemand om met hom te speel of om hom geselskap te hou nie; nie eens die man wat pizza aflewer wil met hom praat nie.

Vossie is baie goed met elektroniese toestelle. Op ’n dag besluit hy om vir hom ’n maat te bou; al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters.

Pieksel, sy nuwe maatjie, neem vorm aan.

Die oomblik toe Pieksel se ligte aanskakel word en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe.

Pieksel is ’n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag ’n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie!Pieksel is ’n moderne sprokie met intertekste wat tot diep in die verlede strek, dink maar aan Mary Shelly se Frankenstein. In die hande van die meesterverteller, Fanie Viljoen, is Pieksel toegangklik vir almal tussen 9 en 109.


KOOP HIER | BUY HERE
Feliks bly alleen op ’n strand. Sy mense het weggetrek sonder hom. Die wêreld het verander. Dit het jare laas gereën. Toe ’n seilskip vol wreedaardige ysbere hul opwagting maak, is hulle oortuig Feliks kan hulle gaan wys waar om die laaste ys op aarde te vind. Op hul swerftog die vreemde in, begin Feliks besef hul reis kan die wêreld verander …

Die wêreld het verander. Dit is warm en dit het jare laas gereën. Die bome is weg. Al die ys het gesmelt.

Sedert Feliks se mense sonder hom weggetrek het, bly hy alleen op ’n strand, met net ’n lafhartige leeu, ’n veglustige seemeeu en ’n trop lastige bobbejane as geselskap.

Op ’n dag is daar seilskepe op die horison. Aan boord is die bevelvoerder, kaptein Blou, en haar vreesaanjaende bemanning. Hulle is ysbere wat die wêreld vol swerf op soek na die laaste oorblywende ys. Toe die bere voet aan wal sit, wil hulle Feliks dadelik opvreet. Die ysbeer-kaptein is egter seker sy ruik iets geheimsinnigs in sy bloed; sy glo Feliks kan hulle gaan wys waar die laaste ys is.

Wat volg is ’n swerftog die onbekende in, om ys iewers in die berge te gaan soek. Terwyl Feliks die ysbere aanvanklik op ’n dwaalspoor lei, begin hy stadig maar seker besef hul reis kan dalk die wêreld verander, mits hy die bere kan oortuig van sy droom oor die Groot Koelte. Hierdie meesleurende fantasieverhaal is deur meesterverteller Leon de Villiers. Dit is ’n aksiebelaaide storie wat knetter met vonke van humor, kraakvars taal, kreatiwiteit, deernis, hoop – en ’n onblusbare liefde vir die natuur.


KOOP HIER | BUY HERE
Wie is die grootste rebelle van almal? Katte, natuurlik! Vir te lank is daar te min gesê oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue soos kerke en teaters vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs ’n brawe klein katjie wat die Nazi’s om die bos gelei het. Tesame met die verhale van merkwaardige katte, is daar ook interessante feite oor mistiese katte en katte aan boord van skepe. Daar is ook meer inligting oor projekte en organisasies wat katte, en hul regte, beskerm. ’n Purr-fekte boek vir katliefhebbers!

Katte, natuurlik! Vir té lank is daar té min gesê oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en allerlei geheime oor kordate katte.

Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs ’n brawe klein katjie wat die Nazi’s om die bos gelei het. Moenie vergeet van die interessante feite oor mistiese katte nie, en wat van katte aan boord van skepe?

Kortom, dít is ’n purr-fekte boek vir katliefhebbers!




KOOP HIER | BUY HERE
Projekte vir nuuskierige kinders! Weet jy van kinders wat daarvan hou om probleme op te los? Wonder hulle oor hoe dinge werk? Het hulle al daarvan gedroom om kreatiewe projekte aan te pak? As die antwoord “ja” is op al die vrae, is jou kind dalk ’n ingenieur-in-wording. Hierdie is die perfekte boek om kinders nuuskierig oor die ingenieurswese te maak. Die boek bevat allerlei projekte wat kinders help verstaan hoe die wêreld werk. Die materiaal vir die projekte kan tuis gevind word en die projekte is maklik om self te voltooi. Die inspirerende stories van Leonardo da Vinci, Mae Jemison en Elon Musk is ook by die boek ingesluit.

Weet jy van kinders wat daarvan hou om probleme op te los? Wonder hulle hoe dinge werk? As die antwoord “ja” is, is hierdie boek net reg om hulle nuuskierig oor die ingenieurswese te maak.

Die boek bevat allerlei projekte wat kinders sal help verstaan hoe die wêreld werk. Die boumateriaal is maklik bekombaar en die konsepte is maklik om self te voltooi.

Die inspirerende stories van Leonardo da Vinci, Mae Jemison en Elon Musk word ook vertel.





Vriende kan ses bene hê, of dalk vier, of dalk twee, ’n vriend is enige iemand vir wie jy omgee!

Hierdie prenteboek vier vriendskap, deernis en diversiteit, dit handel oor inklusiwiteit en diversiteit. Saam kan ons regtig enige iets doen. Hierdie is ’n prenteboek sluit nou aan by die skrywer se vorige boek Meisies kan enigiets doen.


KOOP HIER | BUY HERE
Tydens ʼn lewensgevaarlike en avontuurlike ekspedisie na die Amasone-reënwoud word Frances se lewe in ʼn totaal nuwe rigting gestuur ... Frances Wright, ’n botanis, en Riek Vanbrugh, ʼn herpetoloog aan die Universiteit Stellenbosch, gaan saam met ’n Britse argeoloog, John Mansfield, se ekspedisie na die Amasone-reënwoud in Peru. Saam met hulle gaan ’n antropoloog van Kaapstad Universiteit asook Jack Berry, avonturier en skrywer/fotograaf vir National Geographic. Vanaf Iquitos stuur hul borg, Carlos Carraldo, hulle per boot, kleiner rubberbote en te voet die reënwoud in. Die fauna en flora is uitsonderlik, en hulle word deur mens, dier en plant bedreig. Dit blyk gou tot Frances, Riek en Jack se ontnugtering, dat die ekspedisie se vernaamste doel is om ’n legendariese goue beeld by die verlore stam van Huakan te gaan steel. Ná skrikwekkende avonture, nadat hulle verdwaal het en hulle portiers weggehardloop het, vind die groep wel vir Huakan. ’n Vorige ekspedisie deur ’n Spaanse argeoloog is ook deur Carraldo geborg en hulle tref die argeoloog daar aan. Jack sien ook die goue beeld wat Carraldo begeer. Niemand kom glo weer uit Huakan nie en hulle moet met die Spaanse argeoloog se hulp ontsnap. Hulle kom ooreen om die bestaan van Huakan geheim te hou, en die ekspedisie word vir die woedende, teleurgestelde en agterdogtige Carraldo as ’n mislukking voorgehou, behalwe dat die Spaanse argeoloog kwansuis by inboorlinge gevind en gered is. Hulle vertel nie van die verlore stam en goue beeld nie, en vlug behoorlik uit Iquitos om van Carraldo af weg te kom. Terwyl hulle in die reënwoud deur gevare geteister is, het elkeen gewys wat in hom of haar steek. Jack Berry, wat eers spottend skepties was oor Frances se vermoë om die reënwoud te trotseer, kry al meer respek vir haar en hulle liefde vir mekaar groei. Met sy hulp ontdek sy ’n seldsame orgidee.

Frances Wright, ’n botanis, en Riek Vanbrugh, ʼn herpetoloog aan die Universiteit Stellenbosch, gaan saam met ’n Britse argeoloog, John Mansfield, se ekspedisie na die Amasone-reënwoud in Peru. Saam met hulle gaan ’n antropoloog van Kaapstad Universiteit, asook Jack Berry, ’n avonturier, skrywer en fotograaf vir National Geographic.

Vanaf Iquitos stuur hul borg, Carlos Carraldo, hulle per boot, kleiner rubberbote en dan te voet die reënwoud in.

Die fauna en flora is uitsonderlik. Dit blyk egter gou, tot Frances, Riek en Jack se ontnugtering, dat die ekspedisie se vernaamste doel is om ’n legendariese goue beeld by die verlore stam van Huakan te gaan steel.

Dinge loop dan skeef; hulle verdwaal het en hul portiers dros.

Terwyl hulle in die reënwoud is, moet hulle mekaar leer ken. Jack Berry kry al meer respek vir Frances.

Met sy hulp ontdek Frances ’n seldsame orgidee, en in Jack ’n verlore skat.

Hierdie heerlike liefdesverhaal is vol verrassings met onverwagte afdraaipaaie, net soos die reënwoud waar alles, fauna en flora ingesluit, eksoties, dog gevaarlik, is.

Is jy dapper genoeg om die avontuur aan te durf?


KOOP HIER | BUY HERE
Elsa Winckler se eerste mega-omnibus! Liefde vind ’n pad is ’n samestelling van vier van gewilde Elsa Winckler se vorige Romanzas Perfekte formule, Liefde sonder voorbehoud, Byvoordele gewaarborg en Brug na haar hart. Perfekte formule: Elena is pas aangestel as die laboratoriumanalis in ’n wynkelder. Ervaring het sy nie, maar sy moet gou leer want hier moet alles vinnig gebeur. Veral vir een man moet sy bontstaan: die onweerstaanbare, humeurige wynboer met die karamelbruin oë en verskeie gebreekte vroueharte op sy kerfstok. Elena dans egter nie na sy pype nie en maak geen geheim daarvan dat sy nooit op ’n plaas sal aard nie. Buitendien sal dit nooit tussen hulle werk nie want hy verkies ’n meisie met ervaring, en Elena het nog nooit eens ’n vaste verhouding gehad nie. En tog, ervaring op die gebied van die liefde kan blykbaar verbasend maklik opgedoen word ... Liefde sonder voorbehoud: Selfs ’n internasionale model se hartsbegeerte word nie noodwendig vervul nie. Dit weet Lynette maar alte goed sedert hierdie man twee jaar gelede haar lewe ingestap het. Alles het so goed gelyk, tot sy weer New York toe moes gaan. Wat help dit in elk geval? Hy glo nou eenmaal die lewe gaan vir haar oor haar voorkoms, die loopplank en publisiteit. Van haar ander kant weet hy nie, dié kant wat vermurwe voor hawelose kinders en diere. En sy gaan hom dit nie vertel nie. Ook nie dat sy beplan om ’n wesie aan te neem nie. Hy voel immers nie op sy gemak oor die idee van kinders nie. Byvoordele gewaarborg: Lichen glo sy is ’n koue vrou, maar dan ontmoet sy vir Regard, wat haar bloed laat bruis en haar hartklop op loop jaag. Regard sien egter nie kans vir ’n langtermynverhouding nie, wel vir ’n vriendskap met byvoordele. Wanneer Lichen vir Regard liefkry, weet sy, sy gaan hom verloor, want liefde is nie deel van hulle ooreenkoms nie. Dis juis daar waar die knoop lê, want Regard trap in sy eie strik en weet nie hoe om daaruit te kom nie. Met alle misverstande uit die weg geruim, sluit hulle ’n nuwe ooreenkoms waarin ’n trouring, babas en vir ewig die gewaarborgde byvoordele is, want van wanneer af laat die liefde hom voorskryf? Brug na haar hart: Eva loop Henno ná vyf jaar onverwags raak en besef sy het hom nog geensins vergeet nie – ook nie die soen van destyds wat haar bestaan tot in sy wortels geruk het nie. Hulle bring ’n onvergeetlike tydjie in die Tankwa Karoo deur, maar Eva weet daar sal nooit iets blywends tussen hulle kan wees nie, want Henno glo nie aan langtermynverhoudings nie en sy begeer ’n tradisionele sprokieshuwelik met al sy lief en leed. Eva aanvaar die onvermydelike en gaan weer met Pieter uit. Dit is egter in Japan waar sy dit wat sy nie kon glo nie, voor haar oë sien en weet die brug na haar hart is nie ’n hersenskim nie.

Liefde vind ’n pad is ’n samestelling van vier van gewilde Elsa Winckler se vorige Romanzas.

Elsa se heldinne is onafhanklik, hardekwas en nie skaam om hulle sê te sê nie.

Haar helde is sterk en manlik, maar ook sensitief vir die onderskeie heldinne se behoeftes.

Perfekte formule: Elena is pas aangestel as die laboratoriumanalis in ’n wynkelder en sy moet vinnig leer. Veral vir een man moet sy bontstaan: die onweerstaanbare, humeurige wynboer met die karamelbruin oë en verskeie gebreekte vroueharte op sy kerfstok.

Elena dans egter nie na sy pype, want ’n plaas is nie vir haar nie. Hy verkies boonop ’n meisie met ervaring, Elena het nog nooit eens ’n vaste verhouding gehad nie. Tog blyk dit dat Elena vinnig kán leer – oor meer as bloot net wyn.

Liefde sonder voorbehoud: Selfs ’n internasionale model se hartsbegeerte word nie noodwendig vervul nie. Dit weet Lynette maar alte goed sedert hierdie man twee jaar gelede haar lewe ingestap het. Nou moet sy terug New York toe en steeds weet hy amper niks van haar nie. Sy wat wil vermurwe voor hawelose kinders en diere, sy wat beplan om ’n wesie aan te neem.

Byvoordele gewaarborg: Lichen glo sy is ’n koue vrou, maar dan ontmoet sy vir Regard, wat haar bloed laat bruis en haar hartklop op loop jaag. Regard sien egter nie kans vir ’n langtermynverhouding nie, wel vir ’n vriendskap met byvoordele.

Dis juis daar waar die knoop lê, want Regard trap in sy eie strik en weet nie hoe om daaruit te kom nie. Kan ’n trouring en babas die gewaarborgde byvoordele wees waarna albei soek?

Brug na haar hart: Eva loop Henno ná vyf jaar onverwags raak en besef sy het hom nog geensins vergeet nie – ook nie die soen van destyds nie.

Hulle bring ’n onvergeetlike tydjie in die Tankwa Karoo deur, maar Henno glo nie aan langtermynverhoudings nie en sy begeer ’n tradisionele sprokieshuwelik met al sy lief en leed. Dit is egter in Japan, waar sy dit wat sy nie kon glo nie, voor haar oë sien en weet die brug na haar hart is nie ’n hersenskim nie.


KOOP HIER | BUY HERE
Kan jy liefde in die verkeer vind? Lara ontmoet iemand op die vreemdste manier denkbaar: in die verkeer op pad werk toe. Sy is egter oortuig dat dit ’n mal man is wat uit een of ander gestig ontsnap het –watter tipe mens wat ál sy varkies op hok het sal ’n vreemdeling in die verkeer sien en oortuig wees dat hy doodeenvoudig net met die meisie móét praat? Toe sy hom baie deeglik laat verstaan dat sy nie saam met ’n versteurde man eers sal gaan koffie drink nie daag hy by haar werk op en dring daarop aan om sáam met haar te werk. Die aanbod is te goed om van die hand te wys maar Lara maak dit baie duidelik dat dit uitsluitlik ’n professionele verhouding sal wees.

Lara ontmoet iemand op die vreemdste manier denkbaar: in die verkeer, op pad werk toe. Sy is egter oortuig dat dit ’n mal man is wat uit een of ander gestig ontsnap het –watter tipe mens wat ál sy varkies op hok het, sal ’n vreemdeling in die verkeer sien en oortuig wees dat hy doodeenvoudig net met die meisie móét praat?

Toe sy hom baie deeglik laat verstaan dat sy nie saam met ’n versteurde man eers sal gaan koffie drink nie, daag hy by haar werk op en dring daarop aan om sáam met haar te werk. Die aanbod is te goed om van die hand te wys, maar Lara maak dit baie duidelik dat dit uitsluitlik ’n professionele verhouding sal wees.Net een kans ondersoek hoe afwesige ouers ’n volwassene se siening van liefde beïnvloed. Lara se pa verlaat haar en haar ma wanneer sy ’n baba is, en haar ma het konstant nuwe liefdes in haar lewe. Sy het dus ’n fobie vir verhoudings en vertrou nie baie maklik nie.


KOOP HIER | BUY HERE
Ek sal niemand toelaat om my voete onder my uit te slaan nie. Jana breek vir ’n rukkie weg Boskloof-gasteplaas toe maar dit is nie om te gaan ontspan nie. Sy het ’n ouditeursondersoek wat sy hier moet kom doen. Wanneer sy haar op die eerste dag al woordeloos vind in die teenwoordigheid van die nutsman wek dit onmiddellike opstand in haar oorversigtige hart. Gys toets haar uithouvermoë maar sy weier volstrek om hierdie man met die deurdringende blou oë moedswillige glimlag en gemaklike houding toe te laat om haar van haar doelgerigte lewenspaadjie af weg te lok. Boonop weet hy nie wie sy werklik is nie en meer nog watter man soek dan nou ’n halwe vrou? Selfs al spat die vonke wanneer hulle soen.

Jana breek vir ’n rukkie weg Boskloof-gasteplaas toe, maar dit is nie om te gaan ontspan nie. Sy het ’n ouditeursondersoek wat sy hier moet kom doen. Wanneer sy haar op die eerste dag al woordeloos vind in die teenwoordigheid van die nutsman, wek dit onmiddellike opstand in haar oorversigtige hart.

Gys toets haar uithouvermoë, maar sy weier volstrek om hierdie man met die deurdringende blou oë, moedswillige glimlag en gemaklike houding toe te laat om haar van haar doelgerigte lewenspaadjie af weg te lok. Boonop weet hy nie wie sy werklik is nie en meer nog, watter man soek dan nou ’n halwe vrou? Selfs al spat die vonke wanneer hulle soen.




KOOP HIER | BUY HERE
Hierdie man het meer as mediese sorg nodig en sy is van nature ’n versorger … Suster Tessa Vermaak is gelukkig ... Wel dinge kan seker beter wees. Haar kêrel is ietwat van ’n chauvinis haar werk kan op die spel wees en haar hart klop darem té vinnig wanneer haar nuwe pasiënt – die verleidelike wildveearts Herman Schoeman – na haar kyk. Herman word aangeval deur ’n groep moorddadige renosterstropers wat hom steeds jag en die trauma van die aanval het skade gelos wat hy nie aan enigiemand veral Tessa wil erken nie. Hoe kan sy selfs droom om langs ’n man te slaap wie se nagmerries haar in gevaar kan stel? Wanneer Herman haar ’n werk aanbied as sy assistent besef sy gou dat om in die nabyheid van hierdie aantreklike vreemdeling te werk sy eie gevare inhou. As dokter Herman Schoeman haar hart breek sal nie hy óf sy dié tipe besering kan genees nie …

Suster Tessa Vermaak is gelukkig … Wel, dinge kan seker beter wees. Haar kêrel is ietwat van ’n chauvinis, haar werk kan op die spel wees en haar hart klop darem té vinnig wanneer haar nuwe pasiënt – die verleidelike wildveearts, Herman Schoeman – na haar kyk.

Herman word aangeval deur ’n groep moorddadige renosterstropers wat hom steeds jag, en die trauma van die aanval het skade gelos wat hy nie aan enigiemand, veral Tessa, wil erken nie. Hoe kan sy selfs droom om langs ’n man te slaap wie se nagmerries haar in gevaar kan stel?
Wanneer Herman haar ’n werk aanbied as sy assistent, besef sy gou dat om in die nabyheid van hierdie aantreklike vreemdeling te werk, sy eie gevare inhou.

As dokter Herman Schoeman haar hart breek sal nie hy óf sy van dié tipe besering kan genees nie.


KOOP HIER | BUY HERE
Wat as ʼn wildvreemdeling die man van haar drome is? Gabrielle de Klerk gebruik die Kiss a Stranger-app om die laaste item op haar wenslysie vir haar matriekvakansie in Parys te verwesenlik. Die speletjie het ongeskrewe reëls: geen inligting mag uitgeruil word nie en geen planne mag gemaak word om mekaar weer te sien nie. Net ʼn soen en dan moet jy aanbeweeg. Maar kan Gabrielle verby die man van haar drome beweeg wanneer sy hom weer jare later raak loop en boonop deur sy ouma gevra word om funksies vir hom te reël waar hy die room van die land se beskikbare jong dames kan ontmoet en onder hulle ʼn trouvrou vir hom soek?

Gabrielle de Klerk gebruik die Kiss a Stranger-app om die laaste item op haar wenslysie vir haar matriekvakansie in Parys te verwesenlik. Die speletjie het ongeskrewe reëls: geen inligting mag uitgeruil word nie, en geen planne mag gemaak word om mekaar weer te sien nie. Net ʼn soen, en dan moet jy aanbeweeg. Maar kan Gabrielle verby die man van haar drome beweeg wanneer sy hom weer jare later raak loop, en boonop deur sy ouma gevra word om funksies vir hom te reël waar hy die room van die land se beskikbare jong dames kan ontmoet en onder hulle ʼn trouvrou vir hom soek?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS