Featured_Image_LAPA_Nuut_Op_Die_Rak_Augustus_2019

Nuut by LAPA: Augustus 2019

Ons open Augustus se lys met twee besondere boeke wat afspeel in KwaZulu-Natal. Francois Bloemhof maak weer ’n buiging en Erla Diedericks neem die leser op ’n reis deur die wêreld van ’n geskeide vrou wat op vyftig haar liefdeslewe met die internet wil regmaak. Soos altyd blom ons kinderboeke weer; daar is, onder andere, wetenskapfiksie, ’n monsterpizza en spanning in ’n akwarium. Romanza bied heerlike ontvlugting van die alledaagse – een van hulle is deur Sophia Kapp!


FIKSIE


Halley se komeet

KOOP HIER | BUY HERE
Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?

Hierdie boek gaan vroeg-vroeg reeds wenkbroue lig, want die begin is kru, vol k-woorde en allerlei goed wat die leser wil laat weghardloop. Dan groei die karakter.

Die roman speel af in 1986 in Suid-Afrika. Pete de Lange is ’n sestienjarige Afrikaanse seun vanaf Dannhauser, ’n klein dorpie in Natal. Pete wil rugby speel en hy wil met meisies vry. Noudat hy in standerd agt is, dink hy die eerste span het plek vir hom, die seniors se bus het hokkiemeisies vir hom en die lewe is mooi.

Dan gebeur ’n insident wat sy lewe vir altyd sal verander. Vir ’n aantal angswekkende minute dink hy selfs dat hy gaan sterf voor hy ooit met ’n meisie sal kan vry. Om te lééf is egter soms moeiliker as om te sterf. Veral as jy onder die vinger van PW Botha staan en jy bevind jouself in ’n diep gemors saam met ’n swart seun en ’n Indiërmeisie.

Gaan 1986 van Pete ’n man maak? Of gaan dié jaar ’n klein rimpeling wees wat sal verbygaan as ’n mens nie mooi kyk nie – soos Halley se komeet gemaak het?

Hierdie boek tref diep. Enige een wat al ’n ouer was, sal ook weet dat die gesprekke tussen pa en seun oor meisies en die eerste span nogal uniek is.

Die einde is iets ysliks.

Halley se komeet is ’n uitstekende grootworddrama met geloofwaardige karakters en ’n sterk storielyn. Die skrywer beskryf daardie spesifieke era van ons geskiedenis met besondere vernuf.


Dooiegety

KOOP HIER | BUY HERE
Geliefde inwoner van ʼn kusdorpie sterf in verdagte omstandighede. Haar vriendin Daleen soek na antwoorde maar ontdek net meer raaisels. Kriptiese waarskuwings en haar dogter se verdwyning suggereer ’n verband tussen die moord en vroeëre tienerverdwynings.

Die liggaam van die mees geliefde inwoner van ’n vreedsame kusdorpie word in ’n rotspoel op die strand gekry. Haar vriendin Daleen, ’n professionele fotograaf, besef dit is nie ’n normale verdrinking nie, want Nerina ly aan hidrofobie.

Daleen ontdek dat alles op die dorp nie so onskuldig is soos dit voorkom nie.

Raaiselagtige kodewoorde in tienergesprekke, wat sy tydens haar fotosessie by die skool se winterbal raakhoor, versterk haar kommer oor ’n partytjie waarheen Dalri, haar dogter, genooi is. Sy weet: GNOC is ’n akroniem vir get naked on camera. Dit maak haar bekommerd, want hierdie fotosessies is nie bloot om kuns te maak nie.

’n Kriptiese waarskuwings wat sy ontvang, verklap die skuldige se ongemak met haar stokperdjie: fotografie van die naghemel wat met lang sluiteropeninge geneem word om ligbane te skep. Dít impliseer dat sy dalk nader aan die antwoorde is as wat sy besef. Wát die antwoorde is, bly egter vir haar duister.

Almal lyk naderhand verdag, selfs die outistiese tienerseun oor wie Nerina haar ontferm het.

Dan raak dinge erger. Baie erger.


Dieretuin

KOOP HIER | BUY HERE
Carl wil sy jonger broer, Robbie, red uit “Die Dieretuin” – daardie magtige huis waar sy stinkryk tante en haar twee kinders bly, want Carl weet wat in kelder gebeur... Maar wil Robbie gered word, of is hy al té diep in die mag van die donker vasgevang? Wil hy daar wees?

Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin en die mense wat daar bly:

•             Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig,

•             haar seun Leo met sy liefde vir geweld

•             en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid.

Maxie Thorpe is Carl se tannie, die weduwee-matriarg van die huis en die meesterbrein agter die familie-fortuin. Sy beheer ook alles wat in die kelder van hulle spoghuis in Durbanville plaasvind; dié huis wat bekend is as Die dieretuin.

Carl en sy jonger broer, Robbie, het by hul ryk tante en oom gaan bly ná die wrede plaasmoord op hul ouers. Soos Carl grootword, ontdek hy hoe hulle werklik hul geld maak.

Hy verlaat die skool en gaan vir ’n aantal jaar weg, maar sy skuldgevoelens wat wentel om sy broer wat steeds in Die Dieretuin woon, dwing hom om terug te keer met die hoop om Robbie te red. Robbie is nou ook klaar met skool en tot Carl se ontsteltenis werk hy ook vir die Thorpes; Robby het boonop verlief geraak op hul rebelse dogter Mandy.

Skokkende geheime word blootgestel wanner Carl probeer om Robbie red.

Dit is ’n baie donker roman met ’n hele aantal skokkende wendings en word beslis nie aanbeveel vir sensitiewe lesers nie.

Die boek is ook in Engels beskikbaar as Feeding Time


NIEFIKSIE


Seks, leuens en die internet

KOOP HIER | BUY HERE
Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.

As jy ’n boek verwag deur ’n volmaakte, pyn-in-die-gat prinses oor hoe om liefde en kalmte te vind, soek dan verder. Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee.

Dit is snaaks.

Dit is hartseer.

Dit is smaakvol.

Dit gaan chauviniste kwaad maak.

Dit is die eerste niefiksieboek wat onder Wenkbrou se vaandel verskyn; natuurlik geskep onder die fyn leiding van Marida Fitzpatrick.

Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf Erla die wilde wêreld van aanlynafsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot.

Hierdie boek gaan oor die soeke na die self en die oeroue stryd tussen die brein en die hart. Die vraag is net: Wie gaan dié keer wen?

Seks, leuens en die internet is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings, seks en selfondersoek.

Erla-Mari Diedericks is ’n joernalis, rubriekskrywer en outeur. Sy is al meer as 28 jaar ’n joernalis en het al vir byna elke publikasie in Suid-Afrika geskryf, selfs vir Playboy. Tans skryf sy rubrieke vir Netwerk24 wat dikwels mense laat regop sit.

Dié boek, soos haar rubrieke, bevat talle komiese gebeurtenisse waarmee lesers kan identifiseer. Seks, leuens en die internet is Erla-Mari Diedericks op haar beste.


Armand kook kaal – die maer uitgawe

KOOP HIER | BUY HERE
’n Banting-en-keto-avontuur. “Unquestionably one of the very best low-carb recipe books available anywhere in the world.” – Prof. Tim Noakes “Om gesonde kos te kook kan soms vaal en vervelig wees, maar Armand maak dit heerlik en opwindend!” – Herman Lensing, SARIE se kosredakteur. Armand Aucamp is een van die aantreklikste mans in Suid-Afrika. Aanhangers begeer óf sy lyf óf om soos hy te lyk. Nou deel hy sy geheim met almal: Hy eet heel, gestroopte kos as deel van die sogenaamde “banting”- of “keto”-leefstyl. Met ’n hoëvet-laekool¬hidraat-dieet hou hy daardie Adonis-lyf in stand en maak sy bewonderaars mal. Armand kook kaal, met sy 100 resepte, het van die rakke af gevlieg! Toe kies Armand sy 50 gunstelingresepte vir ’n lekker kompakte weergawe van die boek: Armand kook kaal – die maer uitgawe! Nes sy ouer, dikker boetie is hierdie boek propvol heerlike, oorspronklike resepte – van onthaalkos, vleisgeregte en ontbyt tot vinnige happies, drankies en lekkernye. Armand het elkeen self getoets en geproe! Stap vir stap en met pragfoto’s daarby wys hy jou hoe om smuldisse uit gesonde bestanddele te skep en te geniet sonder dat jou figuur daaronder ly.

Armand Aucamp is een van die aantreklikste mans in Suid-Afrika. Aanhangers begeer óf sy lyf óf om soos hy te lyk. Nou deel hy sy geheim met almal: Hy eet heel, gestroopte kos as deel van die sogenaamde “banting”- of “keto”-leefstyl. Met ’n hoëvet-laekoolhidraat-dieet hou hy daardie Adonis-lyf in stand en maak sy bewonderaars mal.

Armand kook kaal, met sy 100 resepte, het van die rakke af gevlieg! Toe kies Armand sy 50 gunstelingresepte vir ’n lekker kompakte weergawe van die boek: Armand kook kaal – die maer uitgawe! Nes sy ouer, dikker boetie is hierdie boek propvol heerlike, oorspronklike resepte – van onthaalkos, vleisgeregte en ontbyt tot vinnige happies, drankies en lekkernye. Armand het elkeen self getoets en geproe! Stap vir stap en met pragfoto’s daarby wys hy jou hoe om smuldisse uit gesonde bestanddele te skep en te geniet sonder dat jou figuur daaronder ly.


KINDER- EN JEUGBOEKE


Oopmond

Wenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2017!

KOOP HIER | BUY HERE
Product query unexpected return: Not Found

Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen …

Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is ’n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur.

Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lê dat die Franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word …

En dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors …

Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in ’n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop …

Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in ’n wegholrit van ’n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy.


Z-A-K: Die blou planeet

KOOP HIER | BUY HERE
Twee wêrelde is op die punt om te bots ... Mitch het ’n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp. Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red. Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was ’n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan? Al is die planeet besig om aangeval te word … Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en ’n soeke na die plek waar elkeen behoort.

Waar kom hierdie inligting vandaan?

[UITERS GEHEIM – MAG NIE OPENBAAR GEMAAK WORD NIE]

Planeet Aarde: Ruimtewesens het in Deltaville geland. Inwoners van die dorp is ontvoer. Twee tienerseuns weet. Name: Mitch en Lionel. Hulle wil mense red. Gevaar.

Planeet Zenkion: Imke. Half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Haar ma was ’n Aardling. Stel baie belang in die Blou Planeet. Wil baie graag daarheen reis. Gevaar, veral as aanvalle op Blou planeet eskaleer.

Ondersoek dringend.

[EINDE – VERBRAND DADELIK] Kan tieners die inwoners van twee wêrelde red? Is daar ’n Zenkion-Aarde-Komplot waarvan Mitch en Imke nie weet nie? Is hulle lewens in gevaar?


Grootwordgidse vir meisies en seuns

KOOP HIER | BUY HERE
Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir meisies wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe in die gids sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Borste en braʼs; Dieselfde ouderdom, verskillende lywe; Wat gaan aan met my vel?; Sweet en slegte reuke; Nuwe hare op nuwe plekke; Daar onder; Wat is menstruasie?; Praktiese wenke vir menstruasie; Hoe om menstruasie te hanteer; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; Nuwe gevoelens; Hoe om jou buie te hanteer; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Selfbeeld en jou lyf; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir seuns; Seuns het ook probleme.

’n Grootwordgids vir meisies is ’n vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir meisies wat puberteit nader.

Die boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en berei hulle voor om te verstaan hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Dit dek alles van menstruasie en die ontwikkeling van borste, tot die hare op haar lyf en persoonlike higiëne vir meisies.

Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normaal” is, verbeter jong lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit.

Die boeke bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en baie belangrike inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed.

KOOP HIER | BUY HERE
Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir seuns wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Groei en groei; ʼn Dieper stem; Verpestelike puisies; Hare net waar jy kyk; Jou eerste skeer; ’n Sweterige storie; Daar onder; Nog veranderinge daar onder; Nuwe gevoelens; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; ’n Goeie selfbeeld; Buierigheid; Beheer jou buie; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir meisies; Meisies het ook probleme.

’n Grootwordgids vir seuns is ’n vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir seuns wat puberteit nader.

Die boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en berei hulle voor om te verstaan hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Dit dek onderwerpe soos al daardie hare wat oral begin uitkom, die stem wat iewers gaan breek, die buie en selfvertroue, of die gebrek daaraan, by seuns wat nie meer ’n kind is nie en skielik die wêreld van manwees moet aandurf.

Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normaal” is, verbeter jong lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul sal gaan ondergaan tydens puberteit.

Die boeke bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en baie belangrike inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed.


Lea lief seeskilpaaie: Avonture by die akwarium

KOOP HIER | BUY HERE
Lea se ma is ’n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum – om diere te red, is in haar bloed! Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van ’n siek pikkewyn tot die popsangeres Amelia Ametis wat opdaag – met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy ’n blink plan ...

Lea se ma is ’n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadreddingsentrum. Om diere te red en te rehabiliteer is in haar bloed! Toe Lea die kans kry om saam met haar familie see toe te gaan, sodat hulle haar tannie kan gaan help met die seeskilpaaie, kan sy nie wag nie.

Haar sussie, Lola, het egter net ooghare vir Amelia Ametis: die gewilde popsangeres wat ’n groot konsert hou!

Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium: ’n siek pikkewyn, ’n onbeplande swem in die haaitenk en Amelia Ametis wat opdaag met skilpaddopjuwele!

Lea moet nou iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy ’n blink plan!

Lea lief seeskilpaaie: Avonture by die akwarium is ’n opwindende eerste boek in ’n nuwe reeks vir meisies.

Die stories het ’n sterk ekologiese en omgewingsfokus. Die pragtige, kleurvolle illustrasies is deur die jong en talentvolle nuwe illustreerder Elanie Bieldt gedoen.

Hier kom ’n groot lekker!


Webslim

KOOP HIER | BUY HERE
Word www.webslim.co.za. Kom ontdek die wonders van die internet saam met Anzil en Chris, en leer hoe om veilig te wees terwyl jy die web verken. Of jy nou veilig wil bly op sosiale media, jou slimfoon of e-pos wil gebruik sonder om nare verrassings af te laai, of deur kuberboelies lastig geval word, hierdie boek is ’n briljante gids vir jou lewe aanlyn. Vind meer uit oor: privaatheid, virusse, selfone, digitale burgerskap, wagwoorde, digitale voetspore, speletjies, kuberboelies, trolle, sosiale media EN BAIE MEER!

Kinders weet deesdae hoe om inligting op die internet te bekom lank voor hulle werklik kan lees of skryf.

Hoe hou jy jou kind veilig? Maak haar/hom webslim groot.

Nooi jou kind om die wonders van die internet saam met Anzil en Chris te ontdek. Saam leer hulle hoe om veilig te wees terwyl jy die web verken. Leer hoe om veilig te wil bly op sosiale media, hoe ’n slimfoon of e-pos te gebruik sonder om nare verrassings af te laai, of deur kuberboelies lastig geval te word.

Hierdie boek is ’n gids vir die lewe aanlyn. Vind meer uit oor privaatheid, virusse, selfone, digitale burgerskap, wagwoorde, digitale voetspore, speletjies, kuberboelies, trolle, die sosiale media en baie, baie meer.


Stalmaats omnibus 4

KOOP HIER | BUY HERE
Die laaste vyf immergewilde Stalmaats-boeke is ook nou in ’n lekkerlees-omnibus beskikbaar! Kom word vir oulaas deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: Wegholrit Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor die afrigtingskamp wat voorlê. Maar wat gaan skielik met Karen aan? Anri-hulle moet probeer uitvind wat fout is met Karen, voor dit te laat is ... Waaghals Die dag van die afrigtingskamp het uiteindelik aangebreek! Maar een van die ruiters in Anri-hulle se groep is ’n regte waaghals wat daarvan hou om die reëls te verbreek. Sal Anri-hulle kan keer dat sy haar toekoms as kampioen-ruiter verwoes? Perdepiekniek Ná die briefie wat Jacques by die kamp in Anri hand gestop het, is dinge tussen hulle skielik heeltemal anders. Megan reël ’n piekniek saam met Jacques en sy vriende. Maar dan kry hulle onverwags baie slegte nuus oor die hingsvulletjie Storm … Pretrit Anri is opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Anri kan nie wag om Nadine aan Megan en Karen voor te stel nie. Maar Nadine lyk nie baie opgewonde oor die vakansieprogram wat Anri-hulle by die ryskool beplan nie. Perdediewe Anri-hulle gaan die langnaweek Kaap toe. En Jacques kom saam om te kyk hoe dit met sy perd, Thunder, en haar vulletjie, Storm, gaan. Maar dan loop die ryskool waar die twee perde bly, onverwags onder gewetenlose skurke deur ...

Clare Balding het gesê: “If you are fearful, a horse will back off. If you are calm and confident, it will come forward. For those who are often flattered or feared, the horse can be a welcome mirror of the best in human nature.”

Hoe waar is dit nie? Daar is iets magies aan die verhouding tussen perde en mense, meer nog wanneer die stalmaats van die Dagbreek-ryskool betrokke is.

Die laaste vyf immergewilde Stalmaats-boeke is ook nou in een lekkerleesomnibus beskikbaar. Kom word vir oulaas deel van die pret en avontuur saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats!

Hierdie omnibus bevat die volgende titels: Wegholrit, Waaghals, Perdepiekniek, Pretrit en Perdediewe.


Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die soutwatergogga

KOOP HIER | BUY HERE
Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug. Hulle is gereed om enige probleem op te los – al is dit tydens hulle vakansie. Kaptein Superkoos het ‘n probleem wanneer niemand meer na die strand gaan waar hy sy kokosneute verkoop nie. Cowboy Koekemoer en Shorty vat die soutwatergogga vas om vir Kaptein Superkoos te help!

Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, ontspan by die see. Daar, onder die skaduwee van ’n palmboom, koop hulle klappersap by Kaptein Superkoos.

Dit is ’n heerlike strand en nie lank nie, of Koekemoer en Shorty is albei op ’n branderplank. Hulle geniet die golwe vreeslik.

Maar iets is nie pluis nie. Hoekom is die strand so stil?

Kaptein Superkoos vertel hulle van die soutwatergogga wat mense terroriseer.

Nou is Koekemoer en Shorty gereed: G’n skelm sal in hulle pad staan nie, al is dit vakansie!


Monsterpizza

KOOP HIER | BUY HERE
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!

Zia se pa het die beste werk op aarde.

Hy maak nie siek mense gesond nie.

Hy leer nie stout kinders somme doen nie.

Hy werk by Planeet Pizza.

As haar pa op sy rooi bromponie klim, lyk hy vir haar soos ’n superheld.

Vanaand is die aand! Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Hulle gaan drie REUSAGTIGE monsterpizzas aflewer!

Alfonso se pizza is propvol van alles, maar veral knoffel; en as Alfonso sê ’n pizza is groot, dan bedoel hy dit.

Dus, as ’n mens sulke pizzas aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet en baie vreemde dinge kan met jou gebeur, veral as Jaco Jacobs iets daarmee te doen het!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS