Martin Steyn by Breytenbach Sentrum

Auth unexpected return: Unauthorized

Deur Izak de Vries

Martin Steyn kuier by die Breytenbach Sentrum
Martin Steyn het Donderdag 4 April gesels met die leeskringe wat gereeld op ’n Donderdagaand byeenkom by die Breytenbach Sentrum op Wellington.
Die gesprek het veral gedraai om Martin se kennis van reeksmoordenaars, beide in Suid-Afrika en in die VSA, asook die navorsing wat hy doen om seker te maak sy boeke is lewensgetrou.
Daar was baie mense en selfs ná vraetyd het die gesprekke oor wie regtig skuldig is, of nie, nog voortgegaan.
Elsabé du Toit, wat al die boekgesprekke by die Breytenbach Sentrum reël, het na die tyd gesê: “Martin is ’n baie interessante en besondere man.”
Martin was in gesprek met Izak de Vries.
Die foto’s is goedgunstelik verskaf deur Jaomi Zeeman van Die Courant, die plaaslike streekspublikasie.

Auth unexpected return: Unauthorized

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS