Featured_Image_Blog_Nuus_Woordveertjies

LAPA pronk weer met talle ATKV-Woordveertjies

KOOP HIER | BUY HERE
Vreemde dinge kan gebeur as jy ’n ertjie eet … Ontmoet vir Ernst, Ernst de Vos. Hy eet so ampertjies enige kos: hamburgers, pizza, herderspastei, spaghetti, bobotie (met geelrys daarby), pampoenkoekies, kerrievis, blomkool en beet. Maar Ernst WEIER om ertjies te eet. Almal probeer vir Ernst oorreed om ’n ertjie te eet. Sy ma vertel vir hom dat selfs BEROEMDE popsangers dit elke dag eet – dalk moet hy dit ook probeer as hy beroemd wil word. Sy pa bied aan om vir hom meer sakgeld te gee as hy ertjies sal eet – hy kan SKATRYK word. Sy juffrou vertel vir hom dat ertjies amper ’n hele alfabet vol vitamiene bevat wat jou baie STERK maak. Maar dit help nie. Ernst weier om ertjies te eet. Op ’n dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. En meteens begin die vreemdste dinge met Ernst gebeur! Hy word so BEROEMD soos ’n rockster … hy word SKATRYK … hy word ’n STERK superheld wat die wêreld met sy ertjiegeweer red! Maar beteken dit hy gaan van nou af ertjies eet? Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter ’n ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Dalk kry jy selfs lus om aan ’n ertjie te proe …

Die ATKV-Woordveertjies gaan oor die bekroning van uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord.

LAPA kondig met trots aan dat ons ses ATKV-Woordveertjies gewen het in die ATKV-Kinderboektoekennings 2019. Hierdie pryse word toegeken deur kinderlesers in die bepaalde portuurgroep en nie deur volwassenes nie.

By die kinderboeke word die illustrasies en die verhaal ook apart beoordeel. Daarom is ons opgewonde om die volgende wenners bekend te maak:

  • Jaco Jacobs in die voorleeskategorie graad RR-1 vir sy verhaal in die boek Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het.
  • Johann Strauss in die voorleeskategorie graad RR-1 vir sy illustrasies in die boek Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het.
KOOP HIER | BUY HERE
Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees.
Haar naam is juffrou Zaan van Graan.
En almal sê sy word NOOIT OOIT kwaad nie.
Maar Tom en Trevor hou van poetse bak.
Dit is hulle spesiale talent!
Daarom begin hulle dadelik planne maak.
Planne om die nuwe juffrou WOEDEND te maak!
In hierdie splinternuwe skaterlagstorie uit die pen van Jaco Jacobs vind die twee grootste poetsbakkers in die skool uit waarom dit NIE ’n goeie idee is om met ’n juffrou soos juffrou Zaan skoor te soek nie. Jy mag dalk net die een wees wat spaghetti tussen jou tone kry ... 

  • Jaco Jacobs in die voorleeskategorie graad RR-1 vir sy verhaal in die boek Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het.
  • Johann Strauss in die voorleeskategorie graad RR-1 vir sy illustrasies in die boek Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet he
  • Jaco Jacobs in die selfleeskategorie graad 2-3 vir sy verhaal in die boek Spaghetti tussen jou tone.
  • Alex van Houwelingen in die selfleeskategorie graad 2-3 vir sy illustrasies in die boek Spaghetti tussen jou tone.
  • Jaco Jacobs in die selfleeskategorie graad 4-5 vir sy verhaal in die boek Max die masjien.
  • Stephen Wallace in die selfleeskategorie graad 4-5 vir sy illustrasies in die boek Max die masjien.
KOOP HIER | BUY HERE
Hy’s rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag!

Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte ... ROFSTOEIER!
Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het spiere. Sy spiere het spiere. Sy spiere se spiere het spiere. Bo-op al daardie spiere het hy ’n tatoe.
En hy gaan vir ’n hele WEEK lank Zander se persoonlike lyfwag wees!

Zander se tweelingboeties dink dit is die heel beste ding wat nog OOIT met hulle gebeur het. Maar Zander is nie heeltemal seker wat op aarde hy met Max moet doen nie. Niemand anders het nog ooit ’n rofstoeier as lyfwag saamgebring skool toe nie. 
Miskien kan Max hom help om vir Wynand Wiese op sy plek te sit. Dalk kan hy hom in sy spesiale Soebat-en-smeek-greep beetkry en hom druk tot sy oë wil uitpop. Wynand het blonde hare en blou oë, en hy lyk so onskuldig soos ’n seuntjie in ’n waspoeier-advertensie. Maar hy is ’n regte boelie. Die soort wat nie eens vir ’n rofstoeier skrik nie.
Ongelukkig loop dinge by die skool lelik skeef.
En Max het boonop ’n geheim van sy eie ...

Kom klim in die kryt saam met Max die rofstoeier vir ’n WILDE, WOESTE skaterlag-avontuur uit die pen van Jaco Jacobs!

Die wenners ontvang hulle toekennings op Vrydag 6 September tydens ’n spoggeleentheid in die Adam Small-teater, Stellenbosch.


Bogenoemde boeke is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS