WEN R3000! #Retoer

Jy kan dalk R3 000 wen! Waar lees jy hierdie vakansie? Of jy reis en of jy Jan Tuisbly se motortjie ry, wys vir ons waar jy die graagste lees. LAPA kan dalk help om ‘n vlugkaartjie, treinkaartjie of die nodige brandstof moontlik te maak vir ‘n lekker retoer van jou eie.

Jy kan nou RETOER aanlyn koop deur die volgende skakel te gebruik: https://lapa.co.za/retoer-pretoria-provence


 

 

Kompetisiereëls:
– Hierdie kompetisie word deur LAPA Uitgewers gehou en LAPA Uitgewers (Bpk) behou die reg om die kompetisie te onttrek indien daar nie genoeg deelname geskied of die gehalte van deelname nie na wense is nie.
– LAPA Uitgewers behou die reg om enige persoon te diskwalifiseer wat die reëls verontagsaam.
– Jy moet 18 jaar of ouer wees om in te skryf vir die kompetisie.
– ‘n Foto waar jy jou eie boek (RETOER Pretoria – Provence; Marita van der Vyver) lees, moet gestuur word na kompetisie@lapa.co.za.
– Die deelnemer moes die boek self gekoop het en geen foto’s wat in biblioteke of boekwinkels geneem is sal as inskrywings geld nie.
– Die deelnemer se gesig moet sigbaar wees op die foto en deelnemers wat kreatief te werk gaan om op interessante plekke te lees, staan ‘n beter kans om te wen.
– Stuur jou naam, van en telefoonnommer saam met die inskrywing.
– Deelnemers moet vertel waar die foto geneem is (vb: Amanzimtoti, Unigeboue – Pretoria, in my tuin – Zeerust, ens.)
– Die beoordeelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie.
– Jy mag nie meer as drie keer inskryf nie.
– Slegs inskrywings wat na kompetisie@lapa.co.za gestuur word sal oorweeg word. Geen Faceboek plasings of foto’s in kommentaar sal oorweeg word nie, maar deur die foto te stuur, gee jy outomaties vir LAPA die reg om die foto op enige sosialemediaplatform te plaas.
– Jy moet LAPA se Facebookblad gaan ‘like’ om ‘n kans te staan om te wen.

– Die wenner sal prysgeld van R3000 ontvang met die hoop dat hy/sy dit gebruik vir reis. Dit is egter nie ‘n voorwaarde nie.
– LAPA behou die voorreg om die wenner op sosiale media bekend te maak.
– Die prys mag nie oorgedra word aan iemand anders nie.
– Die sluitingsdatum vir hierdie kompetisie is 20 Desember 2018 om middernag.
– Die pryswenner sal op 4 Januarie 2019 bekend wees.
– Hierdie kompetisie word nie op enige wyse deur Facebook geborg, ondersteun of geadministreer nie. Enige navrae kan aan LAPA-Uitgewers gerig word by kompetisie@lapa.co.za en nie aan Facebook of die skrywer nie.

Leave a reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>