Jan Vermeulen

’n Skrywersprofiel

’n Kyk in die donker psige van ’n seksuele kannibaal Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van ’n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen ’n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam. Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur ’n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.” Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan ’n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir ’n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop. “Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.”

Jan Vermeulen is op 31 Julie 1960 op Bethaniën in Namibië (destyds nog bekend as Suidwes-Afrika) gebore. Hy is die jongste van nege kinders en het sy skoolloopbaan aan die Laerskool Bathaniën begin, maar ná die afsterwe van sy pa het hy sy skoolloopbaan voortgesit in Windhoek, eers by Laerskool Eros en toe by Hoërskool Windhoek.

Op skool het die skryfgogga reeds vir Jan gebyt en hy neem as veertienjarige deel aan die korrespondensie-skryfkursus: Kortpad na Knap Kortverhale. En publiseer ook in daardie jaar sy eerste kortverhaal, Die Sneeuprins van Alaska, in die destydse jeugtydskrif Patrys.

Jan het ná skool sy twee jaar diensplig aan die Infanterieskool op Oudtshoorn gevolg, waarvan veertien maande Grensdiens was as lid van 202 Bataljon. In 1983 behaal hy sy BA Admissiegraad met Filosofie en Hebreeus as hoofvakke aan die Universiteit van Port Elizabeth. In 1987 sy BTh en Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy skripsie was getiteld: Die afwesige vader.

Ds. Jan Vermeulen aanvaar beroep by die NG Tuinedalgemeente in 1988. Hy dien daar as leraar tot 1991 waarna hy beroep aanvaar by die Dagbreekgemeente op Despatch. In Junie 2008 bedank hy uit die NGK en begin ‘n informele huiskerk, die Immanuel Familie Kerk.

’n Kyk in die donker psige van ’n seksuele kannibaal Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van ’n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen ’n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam. Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur ’n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.” Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan ’n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir ’n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop. “Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.”

Wat sy verdere skryfwerk betref: In 1998 woon Jan ’n kursus in kreatiewe skryf by. Dit is aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth en hy debuteer in dieselfde jaar met sy eerste volwasse roman, Die laaste dans, met die destydse Grensoorlog as tema. Twee jaar later is Jan weer terug met sy eerste jeugroman, Geraamtes dra nie klere nie, ’n roman vir 12-jariges. Hy verwerf die Sanlamprys vir Jeuglektuur met hierdie boek. Sy jeugroman palm ook vir hom die gesogte M.E.R.- en Scheepersprys vir Jeuglektuur sowel as ’n ATKV-Kinderboektoekenning en ’n ereboekaanwysing deur die IBBY-kinderboekliggaam. In 2006 verskyn sy kortverhaal, In Ma se stoof, in ’n kortverhaalbundel met spookstories, Van Spoke gepraat, byeengebring deur Charles Fryer en uitgegee deur Tafelberg.

Dit is eers vyftien jaar later wat Jan weer die literêre wêreld tref met suksesverhaal op suksesverhaal. Hy wen twee keer agtereenvolgens die LAPA Jeugromankompetisie in 2015 en 2017. Sy boek Asem vloei uit die 2015 kompetisie en die boek verower ook ’n ereboekaanwysing deur die IBBY-internasionale kinderboekliggaam en word ook vir 2020 voorgeskryf vir matrikulante in IEB-skole. Die jeugroman waarmee hy weer eens gewen het in 2017 verskyn eersdaags by LAPA Uitgewers onder die titel Oopmond.

In 2017 skryf Jan nog ’n jeugroman vir die SANLAM Jeugroman Wedstryd van NB Uitgewers en verower die silwertoekenning. Soen sien die lig in 2017 en word beskryf as die Deon Meyer van Jeugromans. Soen haal die kortlys vir die M.E.R. Prys.

Jan Vermeulen slaan hand aan ’n nuwe genre in 2018 en vestig homself as rillerfiksieskrywer met Die vyfde Aspoester. Nie net skok die predikant die land met ’n grusame boek oor ’n reeksmoordenaar nie, maar het die literêre wêreld aan die klets met die tasbare boosheid wat hy in die nuwe wending losskryf. Hy vervolg in 2019 met Ondier wat beloof om weer sy lesers tot laat in die nag wakker te hou.

Jan en sy vrou, Diana, woon tans in Despatch in die Oos-Kaap. Hy het twee dogters, Karla en Joandri. Diana het ’n seun en dogter, Hein en Elmie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS