Nadia_en_Hilda_Hekel_en_word_heel_Bekendstelling

Hekel en word heel: Bekendstelling.

KOOP HIER | BUY HERE
Hekel ’n pad na genesing Hier is ’n hekelboek met ’n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van ‘n kind tot emosionele en fisieke mishandeling. Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op ’n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories. Ons het ’n motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry. Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik.

Nadia De Kock en Hilda Steyn het op Saterdag 25 Mei hul boek Hekel en word heel by Anja’s Tea Garden, in Swavelpoort, bekendgestel. Volgens Nadia en Hilda was dit heerlik om die mense se harte met hekelpenne aan te raak. Nadia sê hulle “het ‘n heerlike en suksesvolle bekendstelling van Hekel en word heel gehad. 150 vroue, die een gawer en liefliker as die volgende.”

Daar sal weer in Junie ’n bekendstelling wees by Graffiti Boekwinkel in Pretoria.

Plekke was uitverkoop skaars ure na die funksie op sosiale media geplaas is. Hul moes toe ’n tweede sessie hou wat ook so vinnig uitverkoop was.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS