Redakteur Lapa

Uittreksel: Sypaadjie – Alma Rossouw

Sypaadjie is ’n romantiese drama met ’n interessante kinkel. Die storie word vertel uit ’n tipiese millenniër se oogpunt, daar is baie vrae oor die liefde, romanse en seksuele oriëntasie. Soms is die karakters effens konserwatief en naïef, maar nooit vervelig nie. Leah worstel met vrae wat baie jong meisies deesdae mee sukkel, veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse meisies. Hoe vind ek ’n balans tussen liefde en ’n loopbaan? Is dit nog die moeite werd om jou hart op die spel te plaas? Die storie herinner aan Annie on my mind deur Nancy Garden en South of Sunshine deur Dana Elmendorf.

Skrywersprofiel: Murray La Vita

Boodskapper van die gode, wat in Maart 2019 by LAPA verskyn het, is uitstekend ontvang. Die skrywer en digter Antjie Krog het Murray as ’n “meesterstilis” en as ’n “rare spesie in Afrikaans” beskryf. “Met sintuiglike taal en ’n lieflik hoflike toon skep hy onvergeetlike taferele,” het Krog oor Boodskapper van die gode geskryf

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS