50 Tydlose hekelpatrone

50 Tydlose hekelpatrone

Iets vir elke hekelentoesias

Veelsydige serp

’n Maklike serp wat jy op verskillende manier kan vasknoop.

KOOP HIER | BUY HERE
Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie hekelboek bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Hekel saam met Vrouekeur. Die 50 hekelpatrone beloof om elkeen se hekel-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te hekel. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan hekel. Daar is ’n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te hekel.

BENODIGHEDE
– ELLE FAMILY KNIT CHUNKY (50 g) 2 balle in Wintersky
– 6 mm-hekelpen
– 2 knope


MATE
Sowat 18 cm x 100 cm


PATROONSTEEK
Oor veelvoud van 6
1ste ry: 1 lb in 4de st van pen af, 1 lb in elk van vlg 2 ks, 3 ks, *gs in dies ks as laaste lb, slaan 3 ks oor, 1 lb in elk van vlg 3 ks, 3 ks, herh van * tot einde en gs in 1ste st.
2de ry: 3 ks, 3 lb in 3 ks-sp van vorige ry, 3 ks, *gs in laaste ks, 3 lb in 3 ks-sp van vorige ry, 3 ks, herh van * en eindig met gs in 3de van 3 ks aan beg. Herh 2de ry.


AANWYSINGS
Maak 32 ks. Begin met pat en herhaal tot werk sowat 100 cm lank is.


OM TE VOLTOOI
Werk knope eweredig oor een smal kant.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS