50 Tydlose breipatrone

Pragtige pantoffels

Bederf almal wat jy ken met so ’n paar mooi pantoffels.

BENODIGHEDE
° 2 balle ELLE TWEED ARAN (50 g-balle) in Creamicrop
° 4,5 mm-naalde


KOOP HIER | BUY HERE
Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Brei saam met Vrouekeur. Die 50 breipatrone beloof om elkeen se brei-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te brei. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan brei. Daar is ’n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te brei.

GROOTTE
Pas voetlengte van ongeveer 24–27 cm


AANWYSINGS
MAAK 2

Stel 76 ste op.
Werk 14 rye in rs.
Vlg ry: r35, r2tes, aw2, ggr, r35.
Vlg ry: aw34, ggaw, r2, aw2tes, aw34.
Gaan voort met hierdie 2 verminderrye (elke ry 1 st minder aan weersk) tot 40 ste.
Werk 7 rye in rs vir rand. Heg lossies af.


OM TE VOLTOOI
Met regte kante op mekaar, werk naat agter en sool toe.


WENK
° Brei reksteekrand bo 15 cm lank en dra dit opgetrek of omgeslaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS