Jacobs en McDonald wen prys!

Dié lawwe lekkerlagboek bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag!

Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille ... 

Moenie hierdie boek eet nie! contains 365 brand new poems (and a bonus poem for a leap year) that will have kids (and adults!) roaring with laughter. There are poems about grannys and grandfathers, bugs, cricket, astronauts, pirates, ghosts, school toilets, Santa Claus and crocodiles ...

LAPA kondig met trots aan dat Jaco Jacobs en Zinelda McDonald die wenners is van die Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur, die wenpublikasie is die rympiesboek Moenie hierdie boek eet nie!

Dié prys word deur die Akademie van Wetenskap en Kuns toegeken aan ’n boek vir lesers van sewe tot twaalf.

Hoe lank is ’n weerwolf se humeur? Is enige iets erger as skottelgoed was? Wat soek jou ouma op die Pick n Pay se dak? Hoekom dra bere nie klere nie? Bestaan daar iets soos ’n spaghettiboom? Wat moet jy doen as ’n renoster jou jaag?

Jy sal die antwoorde op al hierdie vrae vind in Moenie hierdie boek eet nie!

Dié lawwe lekkerlagboek bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar is rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skooltoilette, erdvarke, Kersvader, krokodille, volstruismelk, Valentynsdag, en dinge wat baie sleg ruik!

Van LAPA af sê ons baie geluk aan Jaco en Zinelda!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS