Karlien kan nie kook nie

RESEP UIT: KARLIEN KAN NIE KOOK NIE – KARLIEN VAN JAARSVELD EN IZELLE HOFFMANN

Ideaal vir Nasionale Braaidag!

Griekse Braaibroodjies

Griekse braaibroodjies

Bereiding: 10 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute

Bestanddele

KOOP HIER | BUY HERE
Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?” Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak! Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak. Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos. Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag grênd wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beïndruk jou gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!
  • 8 snye rogbrood of brood van jou keuse
  • 1 rooi-ui, in dun ringe gesny
  • 150 g rosatamaties, in dun skywe gesny
  • 200 g laevet-fetakaas
  • 1 t gedroogde basilie
  • ½ t woestyn- of pienk sout
  • ¼ t growwe swartpeper
  • 1-2 e olyfolie

Metode

KOOP HIER | BUY HERE
Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?” Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak! Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak. Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos. Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag grênd wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beïndruk jou gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!
  1. Pak vier snye brood uit op ’n werkoppervlak.
  2. Rangskik die skyfies ui en tamatie op die brood en geur met kruie, sout en peper.
  3. Plaas die ander snye brood bo-op.
  4. Verf die brood aan die buitekante met olie en pak dit op die rooster.
  5. Braai oor baie stadige kole tot die broodjies bros en die tamatie en uie sag is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS